Centurion Theatre Presents – Jan en die Boontjierank – 9 July 2022

Galore SA/ June 30, 2022/ ENTERTAINMENT, LATEST NEWS/ 0 comments

KOM SING, DANS EN LAG SAAM met Jan en die Boontjierank se pantomime avontuur op die Centurion Teater se verhoog hiérdie Julie Vakansie!

‘n Jan maak altyd ‘n plan! Hierdie Jan gaan ‘n GROOT plan moet maak op sy REUSE avontuur! Die Centurion Teater in samewerking met die Scenario College Studentefonds bied ‘n pantomime avontuur aan vol lekker-lag, pret en ‘n onvergeetlike storie-kyk ervaring vir jonk ên oud!

Kom kyk hoe kry Jan se streke hom in die sop van ‘n reus se pot, hoe drie bone ‘n nuwe wêreld oopmaak en hoe lewenslesse soms in die vreemdste vorms kan kom. Help vir Jan deur sy avontuur, oorwin die reus en leer ‘n les saam met die vertellers en karakters!
Word vervoer deur musiek, grappies en lekker-lag toneel! Hierdie produksie is nie een om te mis nie!

Saterdag, 9 Julie 2022

10:30

R100 per kaartjie. (Kinders onder 3 kyk gratis)

Kry vandag jou kaartjie by : qkt.io/ZSoMCu

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*
*