Centurion Theatre Presents – Franja Du Plessis – 15 July 2022

Galore SA/ June 30, 2022/ ENTERTAINMENT, LATEST NEWS/ 0 comments

Franja Du Plessis kom sing die Centurion Teater verhoog warm so aan die einde van die winter! 🤩🎶⭐

As jy na die skaam donkerkop kyk, val haar skoonheid jou eerste by, maar as jy dieper delf sal Franja du Plessis se vele talente die grootste indruk by jou laat. Jy sal meegevoer word deur haar warm stem terwyl sy liedjies sing wat meestal uit haar eie pen kom.

🤩Meer oor Franja:

In 2013 het sy harte gesteel met haar rol as Marna de Jager in die musiekfliek, ‘As Jy Sing’ saam met bekendes soos Robbie Wessels, Leah, Bok van Blerk, Bobby en Karlien van Jaarsveld. Sy het selfs ‘n liedjie spesiaal vir die fliek geskryf getiteld ‘In Twee Geskeur’, wat op die film se klankbaan verskyn het. Haar debuutalbum, ‘My Verhaal’ is in Junie 2016 uitgereik met sestien oorspronklike snitte waarvan sy alles self geskryf het. Die eerste enkelsnit vanaf die suksesvolle album, Stad van Verlange was ‘n groot radiotreffer met meer as 1,6 mijoen kyke op YouTube. Daarna het die radiotreffer, Ek Kan Nie Ophou Kyk gevolg wat met net onder 2 miljoen kyke spog.

Friday 15 July 2022

19:30

Tickets only R165

Order Here :

https://www.quicket.co.za/events/179300-franja-du-plessis-centurion-teater/#/

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*
*