Centurion Theatre Presents – Felias en Pokkel

VIR DIE KLEINSPAN – Jakkie Louw Amptelik bring die Felias en Pokkel Poppekas vertoning na die Centurion Teater! Almal, groot én klein, is welkom!

Die storie handel oor twee veldmuise in boer Jakkie se huis. Felias is ’n slim, lang, maer muis met ’n brilletjie en Pokkel ’n kort, ronde, jong muis met ’n groen hoedjie op sy kop. Pokkel het baie vragies oor waar melk, koffie, plastiek en die suiker vandaan kom. Felias staan bont om te verduidelik en dan moet hulle ook nog die honger kat dophou! O ja, en daar is sowaar ’n pratende donkie ook! Jakkie Louw het alle musiek en die storie geskryf met liedjies soos “Die dae van die week” en “Moenie bang vir die kat wees nie.”

Jakkie Louw doen die twee muise se stemme self. Hy het egter van sy bekende vriende gekry om die ander karakters te doen. Stemme deur Lizz Meiring(Patat die kat, Skaai die kraai, Tienie die TV vlieg) Hannes Brummer(Vrottie Kokkerotie, Chris Die Verkleurmannetjie en Laventel die Plaashaan) Richardt Van der Westehuizen(Eeeejonkie Donkie en Die Tandemuis). Jakkie het die hele produksie behartig en gebruik die opnames van die stemme van bogenoemde kunstenaars.

Snaaks, oorspronklik en uit die pen van Jakkie Louw. Die produksie sorg vir baie komedie en opwinding en is verseker lekker vir die ouers ook. Jaco Jacobs het die drie boeke ook geskryf wat te koop sal wees na die konsert.

Donderdag, 16 Junie 2022 (Vakansiedag)
14h00
R90 vir Kinders | R110 vir Volwassenes

Bespreek Hieronder :

https://qkt.io/FbzOf8

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *