Centurion Theatre Presents – Andre Schwartz

Galore SA/ June 2, 2022/ ENTERTAINMENT, LATEST NEWS/ 0 comments

Hy slaan asems weg met sy besonderse stem en is die enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring dra, maar die pop-genre is waar hy nou fokus en hy geniet elke oomblik!

Teater was nog altyd een van sy grootste liefdes en hy kombineer storievertel en sy grootste treffers in sy nuwe teaterproduksie. Gehore kom geniet André Schwartz ‘up close and personal’ en beleef oomblikke van nostalgie met gunstelinge soos Lief Vir Alles Hier, Ek Wil Jou Nooit Weer Sien en natuurlik van sy nuutste musiek ook.

Sy verhoogpersoonlikheid is aangrypend en hy is lief daarvoor om met die gehoor te kuier en by sy vertoning te betrek.

Gebore vir die verhoog het hy bekendheid verwerf vir kragtige hoofvertolkings in verskeie musiekblyspele soos Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en Phantom of the Opera. Vir laasgenoemde het hy talle toekennings ontvang en word beskou as een van die beste ‘Phantoms’ ter wêreld.

Vrydag, 24 Junie 2022 1
19h30
Kaartjies: R165

Bespreek deur hieronder te klik :

https://www.quicket.co.za/events/177085-andr-schwartz-die-pad/#/

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*
*