Ouderdoos gaan jou laat rock !

Verbeel jou daar word gerock op liedjies soos Byeboerwa, Harlekyn en Wie Kan Dit Verstaan…Terwyl jou ouma nostalgies raak oor die goeie ou dae rock jy en jou pelle saam op die beat! Old School Afrikaans was nog nooit so aansteeklik soos wanneer een van die grootste geheime van die Suid-Afrikaanse musiek bedryf op ‘n verhoog klim nie – OUDERDOOS!
Hulle is nie jou normale vastrap nie, hulle doen dit in hulle taal. Hulle rock, hulle maak amok, hulle maak die Ouderdoos weer relevant en blaas nuwe asem in liedjies in waarvan mens lankal vergeet het…

Vrydag, 10 Junie 2022
19h00
Kaartjies: R120
Bespreek by: https://qkt.io/7DTLGf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *