Francois van Coke & Vriende 2023: Pretoria & Cape Town

Fotograaf: Wayde Flowerday

Hierdie jaar is Francois van Coke & Vriende groter en beter as ooit met ‘n gevaarlike versameling van ou en nuwe vriende. En hierdie jaar gaan dié konsert nasionaal met ‘n Kaapse vertoning ingesluit.

Francois van Coke & Vriende 2023 sien Pretoria by SunBet Arena op Vrydag, 18 Augustus en vir Kaapstad by Grand Arena, GrandWest op Saterdag, 16 September.

Nuwe vriende beteken nuwe musiek.  Sien uit na elektriese samewerkings met Neon Dreams, Loufi, Tasché en Zaan Sonnekus en ervaar al die treffers met Francois se ‘ou’ vriende soos nog nooit tevore nie.

2023 se VRIENDE is:

Spoegwolf (Net Pretoria)

Neon Dreams

Fokofpolisiekar

Elandré (Net Kaapstad)

Zaan Sonnekus

Early B (Net Pretoria)

Loufi

Tasché

Jack Parow

Van Pletzen (Net Kaapstad)

Hunter Kennedy

Van Coke Kartel

Die Heuwels Fantasties

Francois van Coke & Vriende 2023 word aangevuur deur Francois se band, Die Gevaar.

Meer inligting:

PRETORIA:

Plek:                            SunBet Arena, Time Square Casino, Menlyn

Datum:                        Vrydag, 18 Augustus 2023

Koste:                          Vanaf R295

Kaartjies:                     https://bit.ly/FvCenVriende2023

Facebook:                   FvC&VriendePRETORIA

KAAPSTAD:

Plek:                            Grand Arena at GrandWest

Datum:                        Saterdag, 16 September 2023

Koste:                          Vanaf R295

Tickets:                        https://bit.ly/FvCenVriende2023

Facebook:                         FvC&VriendeKAAPSTAD

Die EN VRIENDE 2 kortspeler is op pad:

Met die heel eerste Francois van Coke & Vriende in September 2018 het Francois die En Vriende kortspeler vrygestel in aanloop tot daardie konsert. En nou gaan Francois weer dieselfde doen met die vrystelling van En Vriende 2.

Hierdie kortspeler bestaan uit samewerkings met Loufi, Zaan Sonnekus, Tasché en Hanu de Jong van The Narrow.

Francois & Tasché by Francois van Coke & Vriende 2022 PRETORIA

Fotograaf: Wayde Flowerday

Die eerste enkelsnit, ‘Almal Baklei’ word op 25 Mei vrygestel. Hou hierdie spasie dop vir meer inligting wat later bekend gemaak sal word.

6 Visuele redes hoekom jy nie Francois van Coke & Vriende 2023 kan mis nie:

Fotograaf: Wayde Flowerday

SKAKELS:

Webwerf: francoisvancoke.co.za / Twitter: @FrancoisVanCoke / Facebook: francois.vancoke / Instagram: francoisvancoke

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *