
Nax & Peach van Pletzen
Fotograaf: André Badenhorst (Laai foto’s hier af: Benaaihilism)
Die Suid-Afrikaanse elektroniese duo, VAN PLETZEN, het sopas hul vyfde studio album, Benaaihilism, vrygestel.
VAN PLETZEN se musikale liefdesbrief aan elektroniese dansmusiek:
Die album is ‘n dapper maksimalistiese liefdesbrief aan elektroniese dansmusiek wat twaalf verskillende EDM-style verken, terwyl dit op dieselfde tyd stoei met groot filosofiese vrae oor betekenis, absurditeit en moderne lewe.
“As nihilisme sê dat niks saakmaak nie, sê Benaaihilism – okay, dan kan ons maar net sowel dans,” vertel Peach van Pletzen.
LUISTER HIER NA Benaaihilism: https://orcd.co/benaaihilism

Benaaihilism is hierdie duo se mees ambisieuse album tot op datum. Dit balanseer speelse, tong-in-die-kies partytjie-energie met dieper, soms donkerder introspeksie.
Die twaalf snitte op die album spring tussen verskillende style van elektroniese dansmusiek. Elke snit is groot en sy eie planeet en definitief ‘n heel ander wêreld as die duo se vorige album, Om Lig Te Maak. Die vorige album het geen elektroniese elemente bevat nie en is heeltemal akoesties opgeneem.
VAN PLETZEN is een van die min Suid-Afrikaanse groepe wat moeiteloos tussen genres en soniese wêrelde kan beweeg.
“Benaaihilism”: Die titelsnit en musiekvideo!
Die album se titelsnit, “Benaaihilism”, konfronteer temas van egoïsme, heldedom en nihilisme, geweef in produksie wat genres buig en iewers land tussen metal, rap en trance musiek.

Hierdie openingsnit ontplof met onbeskaamde uitbarstings van energie en skerp, selfondersoekende lirieke. Dit gee die pas aan en maak die luisteraar reg vir die wilde rit wat ontvou oor die res van die snitte op die album.
KYK “Benaaihilism” se musiekvideo HIER: BenaaihilismVIDEO

Hierdie musiekvideo is gemaak deur Louis Minnaar.
Samewerkings op Benaaihilism:
Die enigste samewerkers op die album is SOSSI en EMMA B.
Op die album, herverbeel SOSSI en VAN PLETZEN een van die wêreld se mees ikoniese dansliedere, “Maia-hee”. Hierdie enkelsnit- en musiekvideo was die tweede vrystelling in die opbou na die volle album se vrystelling.

Peach van Pletzen & SOSSI
EMMA B was voorheen ‘n samewerker op VAN PLETZEN se “Hartedief” en “Beurtkrag” op die vorige album, Om lig te maak. Sy is terug vir ‘n 90’s geïnspireerde ballade getiteld “Kinders van die Kosmos”.
In Mei vat VAN PLETZEN Benaaihilism na Nederland en Londen:
Donderdag, 7 Mei: Luxor Live, Arnhem (NL) met Early B
Vrydag, 8 Mei: Melkweg, Amsterdam (NL) met Early B
Saterdag, 9 Mei: Simplon, Groningen (NL) met Early B
Donderdag, 14 Mei: Halfmoon Putney, Londen (UK) met Early B
SKAKELS:
Webwerf: https://vanpletzen.co.za/ / TikTok: @vanpletz / Instagram: @vanpletz / Facebook: @VanPletz / YouTube: @VANPLETZEN


