LU-ANÉL BOU VOORT OP HAAR SUKSES MET HAAR NUUTSTE VRYSTELLING, EK EN JY BLY OOR

“Ek En Jy Bly Oor” is die multi-bekroonde sangeres, Lu-Anél, se nuutste enkelsnit.
Dié kragtige en emosionele Afrikaanse popliedjie gaan diep spore in aanhangers se harte trap met sy betekenisvolle lirieke en lekker sokkie-ritme.

Die liedjie skets die prentjie van iemand wat vasklou aan die enigste persoon wat hulle nog oor het.
Dit verken die rou emosie van vrees vir verlies en die behoefte om vas te klou aan liefde in ’n wêreld waar niks gewaarborg is nie.

Ernie Bates was die skrywer en vervaardiger en het daarin geslaag om die emosie en boodskap van die snit op ’n egte en toeganklike manier vas te vang.
Die inspirasie agter die woorde spruit uit die universele vrees om alleen agter te bly en dis iets waarmee baie mense sal kan vereenselwig.

“Die lied gaan oor daardie gevoel wanneer jy weet jy kan nie bekostig om nóg iemand te verloor nie,” verduidelik Lu-Anél. “Dit herinner my daaraan dat ons moet vashou aan die mense wat ons het en hulle koester, want die lewe is onvoorspelbaar.”

Vir haar is hierdie enkelsnit besonders, nie net oor die kwaliteit van die produksie nie, maar ook oor die diepte van die lirieke.
Sy glo dat die boodskap van die lied baie mense sal aanraak en hoop dat luisteraars hul eie stories daarin sal vind.

Hierdie is die sangeres se tiende solo-enkelsnit, haar twaalfde vrystelling tot dusver en ook die bewys van haar groei en toewyding aan haar musiekloopbaan.
Haar vorige vrystellings is goed ontvang, met verskeie treffers wat op radiostasies se treffersparades gepronk het.

Sedert haar laaste vrystelling het sy haarself verder in die musiekbedryf gevestig deur onder andere by die Barnyard-teater betrokke te wees.
Buiten vir haar sangloopbaan, is sy tans besig om haar kennis uit te brei deur musiekproduksie en klankingenieurswese te studeer – ’n stap wat haar help om haar kreatiewe visie nog beter te verwesenlik.

Die musiekvideo vir Ek en Jy bly oor is verfilm deur Lu-Anél Musiek in Boksburg en bied ’n rustige, kalm visuele ervaring wat die emosie van die lied perfek vasvang.
Die konsep fokus op egtheid en die idee dat nie alles perfek hoef te wees nie – nie verhoudings, die lewe, of die beeld wat ons aan die buitewêreld voorhou nie.

“Die lekkerste deel van die opname was om te sien hoe al die klein stukkies bymekaarkom en uiteindelik ’n pragtige eindproduk vorm,” sê sy.

Lu-Anél, ’n 19-jarige kunstenaar van Gauteng, het reeds ’n indrukwekkende loopbaan opgebou.
Haar debuutalbum, My First Step (2019), het bestaan uit 13 verwerkings van bekende treffers en het groot sukses behaal.
Sedertdien het sy talle oorspronklike snitte vrygestel en verskeie toekennings gewen, insluitend ʼn hele paar Afri-Indie-toekennings vir bykans al haar vrystellings.

Al haar enkelsnitte het reeds topposisies op verskeie FM-radiostasies bereik, en sy het ook internasionale erkenning ontvang deur te kwalifiseer om Suid-Afrika in kompetisies soos Talent Africa en PACISA te verteenwoordig.

Afgesien van musiek, doen sy ook MC-werk, motiveringspraatjies en tree sy by ’n wye verskeidenheid geleenthede op.

Met groot planne vir die toekoms, beoog Lu-Anél om nog meer enkelsnitte, insluitend eie komposisies, vry te stel, haar optredes uit te brei en nog vele harte met haar musiek aan te raak.

Ek En Jy Bly Oor beloof om nie net ’n treffer te wees nie, maar ook ’n lied wat luisteraars lank sal bybly met sy kragtige boodskap en lekkerluister deuntjie.

Dit is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms. Kry dit hier: https://ffm.to/lu-anel-ek-en-jy-bly-oor

Die musiekvideo is nou beskikbaar: Kry dit hier: https://www.youtube.com/watch?v=F2SGRVwaeGY
Trek die hoë gehalte snit hier af. Kry dit hier: https://we.tl/b-XnfcNMua2XDyzZak
ISRC Kode: Ek En Jy Bly Oor – ISRC: ZAXG52600001
Skrywer: Ernie Bates
Verwerker: Ernie Bates

VOLG HAAR OP SOSIALE MEDIA

Facebook: https://www.facebook.com/Luanelsinger   

Instagram: @luanel.official  

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCmM6s_2_YKfr38IXAeGa_Wg