
FRANCOIS VAN COKE beplan om in 2026 vier enkelsnitte vry te stel. “Nagmerries (Bye bye baby)” is die eerste van hierdie vier.
LUISTER na “Nagmerries (Bye bye baby)”: https://ffm.to/nagmerriesbyebyebaby

Francois van Coke vertel die storie agter “Nagmerries (Bye bye baby)”:
Ek het ’n herhalende nagmerrie wat my gereeld terug vat na ’n ongemaklike tyd in my lewe. Ek probeer met hierdie song daardie tyd en nagmerrie groet. Ek het hom nog nie gehad na die song geskryf is nie, so dit werk dalk.
Die song is ook geskryf in die era van die geboorte van Afrikaanse KI kunstenaars, so ek moes ons (die mens) se obsessie met tegnologie ook probeer ontleed in van die lirieke.

Die koorgedeelte is beïnvloed deur twee uiteenlopende bands, Violent Femmes – wat ek al jare lank luister en Ghost – ’n onlangs gunsteling.
Die song is geskryf saam met een van my ou medewerkers, Fred den Hartog.
KYK “Nagmerries (Bye bye baby)” se musiekvideo hier: NagmerriesVIDEO

Die video is gemaak deur Jacques van Rensburg (Vanartist). Dit was Francois en Jacques se eerste samewerking.
Francois vertel: “Ons het probeer vasvang hoe dit voel om in ’n droom te wees — daardie frustrerende gevoel wanneer jy baklei, maar nie iemand kan raak slaan nie. Jy probeer iets skep, maar jou hande werk nie saam nie. En tyd self begin agteruit beweeg.”
SKAKELS:
Webwerf: francoisvancoke.co.za / TikTok: @francoisvancoke / Facebook: francois.vancoke / Instagram: francoisvancoke Twitter: @FrancoisVanCoke



