Die oopgesigsanger van Hartenbos in die Wes-Kaap, Krisjan, se jongste enkelsnit, Vuur, is pas uitgereik.

Die oopgesigsanger van Hartenbos in die Wes-Kaap, Krisjan, se jongste enkelsnit, Vuur, is pas uitgereik en hiermee dra hy ook ’n kragtige boodskap oor; dat liefde op sigself ’n kunsvorm is en dat nie altyd maklik is om verskillende emosies, persoonlikhede en smake te balanseer nie.

Dus is die liefde soms soos petrol en vuur, sê dié jong man wat die Suid-Afrikaanse musiekbedryf drie jaar gelede soos ’n tsoenamie getref het.

 Hy het sy eerste enkelsnit, Marionetmeester, tydens die Covid-19-pandemie uitgereik, en musiekkenners het net lof-en prysgesange vir die liedjie gehad. Dit was ’n popliedjie wat die voete laat klop en die bene laat gallop het…

Vuur is weer net die teenoorgestelde; die snit het ’n  ’n volwasse kontemporêre aanslag en Krisjan se donker bas – wat ’n kombinasie tussen die  van Bobby van Jaarsveld en Juan Boucher is – is ’n perfekte pasmaat vir die lirieke.

Krisjan waag af en toe sy pen aan sy eie liedjies, maar Vuur is die pennevrug van Pierre Rossouw, wat ook die woorde van Marionetmeester neergepen het.

Krisjan sê dat hy die afgelope paar  jaar sedert Marionetmeester uitgereik is, nie net stil gesit nie. Sy ouers het ’n plaas n die Hartenbos-omgewing en as hy besig is met musiekdinge nie, is hy ’n opregte boerseun wat saam met die hoenders opstaan.

Hy sê Vuur is ook vir hom ’n baie persoonlike liedjie. Die lied vertel dat twee uiterstes nie noodwendig kan saamwerk nie, nie noodwendig bymekaar pas nie. Ek het dit ook in ’n vorige verhouding ervaar. ’’

“Vuur kan ook ’n metafoor wees; dit beskryf so baie dinge in die lewe. In die snit beskryf dit twee mense wat net nie bymekaar moet wees nie, al is julle ook baie lief vir mekaar.”

Krisjan sê dat hy met die liedjie ’n bietjie van die popgenre af wegbeweeg het. “Ek het die afgelope drie jaar baie as kunstenaar gegroei. Ek wil vir my ondersteuners wys dat ek ook ’n dieper kant het.”

Krisjan is eintlik Johannes Christiaan Leonard gedoop is. “My oupa het begin om my Krisjan te noem,” sê hy.   Dié naam het vasgesteek en voordat hy sy oë kan uitvee is die verhoognaam (en -ster) Krisjan gebore.

Hoewel Krisjan eers vyf  jaar gelede professioneel begin sing het, het sy musiekvideo’s reeds derduisende trefslae op sy Faceook-blad gekry.  Hy sê hy maak nie sommer net musiekvideo’s omdat hy moet nie; trouens elke musiekvideo het ‘n storielyn. “Ek werk saam met die span van Naak Films (Janis Erasmus) en hopenlik gaan ek ook binnekort ’n musiekvideo van die liedjie uitreik.“

Krisjan beskryf homself as ’n diepdenkende, kaalvoet, plat-op-die-aarde sanger wat ’n sterk band met moedernatuur en natuurlik ook met plaasdiere gevorm het.

Krisjan se Vuur ’n wonderlike nuwe toevoeging tot die Afrikaanse repertoire en ons hoop dat daar binnekort meer van sy enkelsnitte op radiostasies gespeel gaan word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *