Die Talentvolle Caroline Grace is terug met ‘n Splinternuwe Treffer wat jou gaan laat lag en saamsing.

Na die sukses van haar vorige liedjie Bokswyn, is Caroline Grace terug met nog ’n tipiese tong-in-die-kies-liedjie genaamd Kortbroek.

Die liedjie gaan oor Suid Afrikaanse mans wat meestal geneties groot of mooi bene of kuite het en die al te gewilde kortbroek wat in enige seisoen gedra word. Dit is eg Suid Afrikaans en is definitief iets wat die koppe sal laat draai.

“Die idee het gekom vanuit die toevallige gesprek rondom hoe Suid Afrikaanse mans uitstaan as gevolg van ’n kortbroek. Dit is die een ding wat almal altyd in Engeland oor kommentaar gelewer het – my man met sy kortbroek in moontlik die koudste weer. Ons het ook lekker gesinspeel op beurtkrag en Charlize Theron se interessante stelling van net 44 mense wat Afrikaans praat. Alhoewel dit gladnie geskryf is met my man in gedagte nie, klink dit asof ek direk oor hom sing.”

Caroline en haar span het weer gekies om ’n liedjie te skryf wat kan kers vashou by haar vorige enkelsnit Bokswyn, wat baie goed ontvang was deur die publiek. ’n Liedjie wat skop inhet, jou laat lag en forseer om nie die lewe so ernstig op te neem nie.

Met die musiekvideo se konsep was daar dadelik gegaan na die mees bekendste boere-klere handelsmer in Suid Afrika en was daar hande gevat met Boerboel Wear. Die konsep van die musiekvideo was gebou om een van hulle manlike modelle wat natuurlik ’n paar mooi kuite aan hom moes hê.

“Boerboel is veral bekend vir hulle mooi geboude mans in moontlik die korste khaki broeke en humoristiese videos en ons het gevoel dat hulle die boodskap van ’n kortbroek wat ons graag wil oorbring die beste sal kan vasvang. Dit was ’n groot voorreg en kompliment dat die Boerboel span bereid was om so ’n groot en suksesvolle brand to koppel aan my liedjie”

Eric Graham en Tehan Buys van ETG Creative het die konsep van ’n kortbroek verder gevat en ’n storielyn geskep wat direk sinspeel op die lirieke.

Kyk musiekvideo hier – https://www.youtube.com/watch?v=nb1iDqhTack

Caroline se kenmerkende helder stem en emosiebelaaide benadering, is die perfekte pasmaats vir hierdie liedje en die eindresultaat sal luisteraars van die eerste noot af in vervoering hê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *