Ons het bietjie meer gaan uitvind oor Melanie J se splinternuwe musiekvideo

Melanie J stel haar splinternuwe musiekvideo, TWEE IS BETER AS EEN, vry op 20 April en ons het bietjie meer gaan uitvind oor die musiekvideo.

Wat was die inspirasie agter die musiekvideo?

Die see is simbolies vir hoe vêr ek en my man uitmekaar uit is. (14 259,8 km)

Dus wou ek vir die kyker die toneel laat insien dat die see is wat tussen my en hom is.

Vertel ons meer oor die opname proses. Was daar enige uitdagings en wat was jou gunsteling gedeelte?

Ek het vir n naweek opgevlieg George toe om die video te kon skiet. Ongelukkig het dit daai hele week gereën en ek het net die Saterdag gehad om te skiet. Ons het besluit om 17h00 die middag by die strand te wees en dan het ons 1 uur voor die son sak. 16h00 was die son nog toe getrek met die reën wolke en eweskielik op die klok 17h00 toe trek dit oop. God se humor is buite hierdie wêreld want weereens was ek in n situasie waar ek moes vertrou dat hierdie uur om die video te skiet gaan God se genade wees.

Ook die wind was n uitdaging op sy eie en dit was onmoontlik om my hare prentjie-mooi te laat lyk. Dis wat ek dink dit so eg maak ook.

My gunsteling gedeeltes: die eerste een sal wees waar ek sit op n bilt en waar ek sing ‘Twee is beter as een’ is waar n ander persoon in die verte aangestap kom. Natuurlik is dit n publieke strand so mense loop soos hulle wil. Maar dit was n mooi simbool vir die agtergrond.

My 2de gunsteling deel is al die tonele van my en Donavon op ons troudag.

Watter boodskap wil jy graag oordra met hierdie video?

Duisende kilometers en n hele oseaan tussen 2 mense bepaal nie die verte van die liefde nie. Hierdie distansie is wat my en my man net nog nader aan mekaar bring. Ons word forseer om elke uur op n video call, n 10 minute foon oproep en elke boodskap te waardeer. Die tye wanneer ons wel bymekaar is, is n geskenk want ons is vir mekaar geleen.

Wat God bymekaar sit, kan niemand opbreek nie. Nie eers die oseaan nie.

Wie was betrokke by die produksie van die video?

Ek het die voorreg gehad om met 2 talentvolle videograwe te kon werk. DC Daniel van Volmaan Lirieke wat al die tonele geskiet het in George en Orange Vinyl Studios wat ons trou video geneem het. Dit het vir my baie beteken dat die 2 saam kon collaborate en rou dele van ons troue wat nie gestage is nie en ek wat die storie verder vertolk by die see bymekaar kon bring.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *