Michelle Jooste – Icebreaker

Die spontane sangeres van Richardsbaai, Michelle Jooste, stel haar debuut enkelsnit met ‘n unieke weergawe van die gewilde pop lied ‘Icebreaker’ vry. Hierdie lied is oorspronklik gesing deur Agnete wat die Eurovision kompetisie in 2016 gewen het. Michelle het veral aanklank gevind by hierdie liedjie omdat dit vir die luisteraars sê dat dit nie saak maak waardeur jy gaan nie, daar is altyd iemand wat sal luister en probeer help.

‘Icebreaker’ is ‘n baie persoonlike liedjie vir haar. “Die liedjie is oorspronklik vir my deur ‘n vorige musiek bestuurder van my gekies omrede hy gedink het my stem gaan daarby pas. Toe ek die liedjie hoor het ek dadelik gevoel dat dit die tipe boodskap is wat ek wil na mense wil oordra deur my musiek. Ek is daardie persoon wat altyd daar sal wees vir enigiemand en hulp verleen waar ek kan. Ek sal die ys breek om jou te help.”, verduidelik Michelle.

Sy glo dat die publiek baie aanklank by hierdie snit sal vind, want die woorde en die melodie is uniek. Dit vertel ‘n vinnige storie in die verse en in die refrein verander dit na ‘n stadige ritme tot en eindig in die klimaks.

Michelle was nog altyd een wat daarvan gehou het om mense te vermaak en hou baie daarvan om met mense te werk. Buiten musiek is sy ook baie lief vir sport aktiwiteite. Sy en haar niggies en nefies het altyd ‘n talent kompetisies gehou as kinders. Dans, model, rolspeel en sing. Op die ouderdom van 6 het sy vir die eerste keer voor ‘n groot gehoor gesing en kon net glimlagte op die mense se gesigte sien. Dis toe wat die verhoog haar hart gesteel het.

Hierdie aktiewe dame hou daarvan om verskeie genres te sing waarop sy kan dans, maar die tipe musiek wat haar die meeste vasgevang het is Country en haar moedertaal, Afrikaans. “Ek is ook ‘n persoon wat mal is oor Rock ‘n Roll, en wie is nie lief daarvoor om bietjie hare te los maak nie.”

Sy vind inspirasie by Riana Nel vir haar unieke sagte toon en manier van storie vertel en sy sal eendag graag saam met haar wil werk.

Michelle se grootste uitdaging is om ‘n enkelouer en terselfdertyd ‘n goeie rolmodel vir haar 2 pragtige kinders te wees om sodoende vir hulle te wys dat wat ookal in die lewe gebeur, daar altyd ‘n keuse gemaak kan word om alles positief te laat uitdraai.

“Ek werk aan nuwe musiek, om my storie van hoop en liefde te deel.” Michelle wil die wêreld ‘n beter plek maak en mense se harte steel met ‘n glimlag en hulle herinner dat alles op die einde oukei sal wees.

Met 12 jaar se ondervinding in die musiekbedryf het sy geleer om hard te werk en nie bang te wees vir uitdagings nie, want alles wat gebeur is ‘n leerproses wat bydra tot jou karakter om sodoende te ontdek wie jy werklik is.

Die enkelsnit is die 2 Desember beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.

Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.ampl.ink/IcebreakerMJ

VOLG :

Facebook – https://www.facebook.com/profile.php?id=100083072415484

Instagram – https://www.instagram.com/michellejooste2022/

YouTube – https://www.youtube.com/channel/UCVJFiwjCoEGKNdx0Ol8d4LA

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *