ANTON FITCHAT & ETHA SE ENKELSNIT OOR “BEURTKRAG” EN HOE OM DIT BIETJIE LEKKERDER VIR MENSE TE MAAK

Anton Fitchat en Etha, twee kunstenaars met ‘n passie vir musiek, stel ‘n nuwe enkelsnit vry.“Beurtkrag” is ‘n liedjie wat handel oor die probleem met elektrisiteitsvoorsiening waarmee ons tans in Suid Afrika worstel. Die liedjie is deur Jan Nel geskryf en word beskryf as ‘n popliedjie met ‘n komiese ondertoon.

“Almal raak baie kwaad vir beurtkrag, daarom het ek het besluit om ‘n kans te vat met die liedjie om dit sodoende meer draaglik en selfs prettig te maak. Dit gee die gesinne, wat nie kragopwekkers het nie, die geleentheid om kwaliteit tyd saam met hul geliefdes te spandeer op verskillende maniere wat byvoorbeeld bordspeletjies insluit.” sê Anton.

Anton is in 1990, in die klein dorpie, Vryheid in Kwa-Zulu Natal gebore. Anton was al van laerskooldae betrokke by die skoolkoor en het altyd ‘n passie vir musiek gehad. Hy het vanaf 2009 buite sy eie dorpsgebied begin optree.

Hy het ‘n liefde vir musiek van enige genre, en wat hy na die verhoog toe bring word beskryf as uniek, harmonies en inspirerend vir verskillende ouderdomsgroepe. Sy passie het hom tot grootheid geinspireer en sy droom is om ‘n professionele musikant te word.

Anton se wens is om saam met Patricia Lewis asook Manie Jackson te werk. “Die Flooze”,  Sorina is ook ‘n groot inspirasie vir hom. “Ek glo hierdie drie mense is baie nederig met goeie harte” sê Anton.

Die hoogtepunt van Anton se loopbaan sover, was om ‘n toekenning te ontvang vir sy enkelsnit “Die Virus” wat as komedie liedjie van die jaar aangewys is in 2021.

“Die Staan sterk in Afrikaans” projek wat deur Anton in 2021 geinisieer is, se temalied  het ook weggestap met ‘n toekenning van Afri-Indie in 2022.  Anton glo sterk dat musiek mense by mekaar bring en hulle ook lekker gesellig laat kuier.  “Sonder musiek sou die lewe baie ‘boring’ wees”, sê hy.

Anton is tans besig om aan sy nuwe album te werk en sien baie uit om dit met almal te kan deel. “Daar iets vir almal, jonk en oud om te geniet en dis ‘n album waarvan mense beslis baie van gaan hou!”

Vir Etha, loop musiek maar nog altyd in haar familie se are.  “Die Here het vir my ongelooflike talente gegee en ek is baie dankbaar daarvoor. Ek geniet dit om te sing en mense ‘n rukkie te laat vergeet van hulle daaglikse sorge.  CJ die loslit DJ verwys na my as die gees bou sangeres,” verduidelik Etha.

Na haar dogtertjie, Carla se dood het sy tot die besef gekom dat mens jou lewe ten volle moet leef en elke dag terugkyk en dankbaar wees.  Sy het besluit dat sy wil doen waarvan sy hou en wat vreugde vir haar verskaf. Baie mense gaan elke dag werk toe en verafsku elke oomblik daarvan? “Ek het myself belowe as die dag aanbreek en dit nie meer vir my lekker is nie, el sal ophou.”, sê sy.

Etha is al 22 jaar in die bedryf met ‘n 7 jaar breek terwyl haar seun nog in die laerskool was en om sodoende op hom te fokus.  “Nege jaar terug, toe hy hoërskool toe gaan het ek eers weer begin fokus op my loopbaan.”Etha verduidelik dat sy ‘n sterk admirasie vir almal in die bedryf het, aangesien elkeen iets uniek doen.

“As ek iemand moet uitsonder, sal dit Freddy Mercury wees. Hy het in homself geglo en gedoen wat hy wou en nie wat ander vir hom voorgeskryf het nie. Dit is baie belangrik in die musiekbedryf”.Haar droom is om saam met Appel te kan optree. “Hy is vir my ‘n ongelooflike inspirasie deur sy talent en wat hy bereik het in sy lewe. In plein Afrikaans is hy baie plat op die aarde.”Etha sing liedjies wat baie positief is, en wat jou voete laat jeuk. “Ek is maar eenvoudig net `n langarm sokkie meisie met n passie vir Country.”

Etha is tans besig om aan haar nuwe album te werk en is baie opgewonde daaroor. Sy hoop om die album teen September vry te stel.

Een van die hoogtepunte in Etha se lewe was toe sy op die 29 Januarie 2011 by die openings-wedstryd van die rugby seisoen tussen die Blou Bulle en Eastern Kings voor `n skare van 30 000 mense by Nelson Mandela sokker stadium in Port Elizabeth gesing het.  Sy het ook vertonings gehad op TV in die programme “Lirieke Raai”, “Belboks” en “Maak ‘n Las”. Sy was ook deel van die “Maak ‘n Las” span wat regoor Suid-Afrika getoer het met hulle vertonings.

“Beurtkrag” is Etha se 10de enkelsnit.  Haar vorige enkelsnitte soos “Tic Tac Toe” was op “Belboks” uitgesaai en is baie goed ontvang deur die publiek.  Haar enkelsnit, “Pad na jou Hart” word vandag steeds gespeel en die video gekyk op YouTube.

Sy beplan op op 20 Augustus ‘n lyndans video van haar nuwe liedjie, “Skop op die Stof” op te neem en  dit op Youtube vry te stel sodat die dans deur enigiemand aangeleer kan word.

Anton en Etha glo dat “Beurtkrag” baie geniet gaan word en goeie aanklank by die publiek sal vind.“Die doel van die enkelsnit juis dat mense dit moet geniet en die lig in die donker moet raaksien.”

Laai dit hier af op jou gunsteling musiek platvorm.https://anton-etha.ampl.ink/Beurtkrag

VOLG ANTON FITCHAT OP:

Facebook – https://www.facebook.com/AntonFitchat

Instagram – https://www.instagram.com/fitchatanton

Webblad – www.antonfitchat.co.za 

VOLG ETHA OP:

Facebook – https://www.facebook.com/etha.sangeres

Instagram – https://www.instagram.com/ethasangeres

Webblad – www.etha.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *