Lenteweek skop af by Centurion Teater !



1 September – Danie Reënwolf
Na die sukses van die eerste twee digbundels wat meer as 4000 kopieë verkoop het stel Danie du Toit (Reënwolf) sy derde digbundel: ‘DIE TUIN’ bekend. Hy doen dit met stories wat jou op die hoek van jou stoel hou en songs wat jou net so ’n bietjie laat dryf. Wees deel van hierdie jaarlikse uitverkoper, en kry jou hande eerste op sy nuutste bundel wat by die vertoning beskikbaar sal wees.
Danie Reënwolf is ook die hoofsanger van SPOEGWOLF wat landswyd bekend is vir treffer op treffer!
Boek vandag nog jou kaartjies : https://qkt.io/0B82qH
2 September – Lizz Meiring
In 2022 vier aktrise Lizz Meiring 38 jaar in die vermaaklikheidsbedryf!!!
Om hierdie mylpaal te vier is ‘n spesiale vertoning/konsert geskep. Die vertoning is ’n klets en skets konsert en Lizz vertel van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit, die beroemdes en berugtes, die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise.
Sy onthul die ver paaie se reis – plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë, film- en tv stelle , die soms vreemde gedrag van gehore, luisteraars, kykers en die bewonderaars.
In hierdie uiters vermaaklike stuk , vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf , kry die gehoor ’n agter-die-skerms ervaring soos nog nooit vantevore. ’n Stroom karakters uit haar skeppende skatkis maak hul opwagting – dis vars, dis slim, snaaks en soms meer ernstig.
Dis warmhartig, deernisvol en uiteindelik die storie van oorlewing en belewing – die verhaal van die aanslae, gelukskote , opslae en wenslae van die lewe waarmee elkeen kan indentifiseer.
Boek vandag nog jou kaartjies : https://qkt.io/30kdyp
3 September – Jennifer Zamudio
Dis Lente! is ‘n samestelling van Jennifer se gewildste liedjies wat ‘n lekker huppel in jou stap en hart sal sit die lente. Met haar lae alt stem, spontane en natuurlike Weskus humor kan jy verseker wees van ‘n maak dit net lekker ZAMJAM ervaring.
Die verhoog is Jennifer se speelplek en haar grootste passie, sy leef haarself uit in elke liedjie wat sy sing. Sy borrel oor van energie en haar “maak dit net lekker” leuse spreek boekdele. Jennifer se familie bynaam van kleins af is “Lente” en jy gaan met hierdie konsert Lente op die verhoog sien, ervaar en beleef.
Haar musiek bestaan uit sielvolle ballades, lekker dans treffers en hier en daar iets met ‘n tikkie humor.
Die Dis Lente! konsert is ‘n 80 minute vertoning wat gevul is met tonne vermaak uit die boonste rakke!
Boek vandag nog jou kaartjies : https://qkt.io/gTDV0M


