EGMOND IS DIE ‘R’ IN ROCK EN ‘S’ IN SEXY

Galore SA/ August 2, 2022/ ENTERTAINMENT, LATEST NEWS/ 0 comments

Die gatskop treffer album van Afrikaans se koeksister pop-rocker is nou beskikbaar.  Die afgelope 19 jaar vermaak die rocker en liedjieskrywer luisteraars met sy musiek in meer as 20 lande – volgens Spotify, as jy moet weet!  Om die mylpaal te vier lewer die Next Music kunstenaar ‘n handjie vol van sy beste werk voor, saamgevat in Sirkus Applous Encore.

Tien treffers vul die album se looporde met hoogtepunte wat so ver terug strek tot 2010, toe sy musiek video vir Gee Voor Jy Groet op ASTV (nou MyTV) begin draai het en deure oopgemaak het vir die veelsydige rock ster. Vra vir Radio Raps wie Egmond is en hy sal tien teen een antwoord “Wie?”. Dit was ironies die geval toe sy polsende treffer Kom Red My op die Van Coke Show ‘n draai gemaak het. “Pop sensasie”, soos die bekende Francois van Coke hom tong-in-die-kies beskryf het. Inderdaad!  Naas die nege ander snitte op die album word daar ook ‘n splinternuwe treffer opgeneem wat alreeds in 2003 gekomponeer was.  Die nuwe enkelsnit Encore (Op Die Radio) is boonop ‘n internasionale produksie met Sandy Robbie (van Clout en Circus-faam) agter die stuur. Daar word ook ‘n tweede musiek video opgeneem vir die liedjie se alternatiewe “album weergawe”;  spesiaal om die album te vier wat op YouTube sy premiere gemaak het die dag van die album se bekendstelling.


Egmond het reeds ‘n string albums en enkelsnitte in beide Engels en Afrikaans opgeneem. Sy debuut was die rock liedjie This Morning wat kort daarna opgeneem is in Afrikaans, en te danke aan Adam Tas een aand opgevoer is aan ‘n klein gehoor in die Waterberge.  Sy debuut album Ongevraagde “Hello” lewer agt treffers op tussen 2008 en 2011, waarvan Dis Elektries (‘n duet met Yolandi) agt weke lank nommer een was op die internet stasie Uitsaaines.  Sy opvolg werke haal verskeie voorblaaie van bekende vermaaklikheids webwerwe, insluitende Channel 24.  In 2013 reik Next Music die pop-rocker se vorige werk vir die eerste keer digitaal uit op bekende platforms soos iTunes, Spotify en Deezer.  Sedertien is daar reeds oor ‘n miljoen eenhede verkoop.

Die pop-rocker se musiek en kleurvolle videos ryg al sedert 2008 die komplimente in op Channel 24:

  • GEE VOOR JY GROET – Prolific Afrikaans heartbreaker gives fans of Modern Talking a reason to party with this synth-pop koeksister off his new CD, Ongevraagde “Hello”.
  • AS JY WIL – Fans of Modern Talking are going to go ga-ga over this Afrikaans synth-pop koeksissie off the heartbreaker’s new CD, Ongevraagde “Hello”.
  • VLIEG – Egmond returns with the smashing first single off his upcoming sophomore release Vuil Wasgoed – a duet with songbird Yolandi, who also featured in Egmond’s #1 hit Dis Elektries from his debut album.
  • AS JY WIL (Musiek Video) – The Afrikaans dance pop star goes channel surfing in this bakgat video off “Ongevraagde “Hello”.


Vir meer inligting, kontak musiek@egmond.co.za of besoek die webwerf en sosiale media vir die jongste nuus en opkomende projekte.


Webwerf: www.egmond.co.za
Facebook:  www.facebook.com/egmondduplessis
Twitter:  www.twitter.com/egmondduplessis
Instagram:  www.instagram.com/egmondduplessis
YouTube:  www.youtube.com/egmondcoza

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*
*