Centurion Teater bied aan : Die Wyn Show…. Griekse Aand

Galore SA/ July 26, 2022/ ENTERTAINMENT, ALCOHOL BEVERAGES, LATEST NEWS/ 0 comments

Die Wyn Show: Griekse Aand (Die Kelder @ Centurion Teater)

Wyn, Kos en Vermaak! Ons sê JA!

Vrydag, 19 Aug is AMPER UITVERKOOP!

NOG ‘N DATUM BYGEVOEG WEENS BESONDERSE AANVRAAG

Donderdag, 18 Augustus

DIE WYN SHOW is ‘n splinternuwe maandlikse geleentheid waar gaste vervoer word deur die wêreld van wyn, kos en kuns. Hoe klink ‘n wynproe, aangebied deur een van die land se voorste wynkenners, Judith Lee; ‘n gepaartgaande ete vaardig voorberei deur ‘n professionele sjef van Jan se Kombuis, top-klas vermaak, alles in die knus en klassiek-romantiese omgewing van Die Kelder by die Centurion Teater?

As dit nie soos ‘n onvergeetlike ervaring klink nie, weet ons nie wat sal nie! Perfek vir ‘n ‘Date Night’ of ‘n heerlike kuier saam met vriende.

Die Wyn Show skop in Augustus af deur die kus en wynlande van Griekeland na Centurion te bring- Grieks-geinspireerde wyne, traditionele en moderne griekse disse en die uitmuntende Marina Botha Spies wat ons heelaand vermaak met die musiek en strelende klanke van 🎶Nana Mouskouri.🎶

Bespreking noodsaaklik. Beperkte aantal plekke beskikbaar.

Kontantkroeg beskikbaar vir enige verdere drankies.

Bestellings teen spesiale pryse, direk van wynplase, sal ook geneem word.

🚫Geen onder 18’s.

Donderdag Besprekings: https://qkt.io/aw1qPj  
Vrydag Besprekings: https://qkt.io/7JNzjl
Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*
*