HERLAAI 2022

Die lang wag is verby!

Ná twee jaar se inperking kan musiekhonger aanhangers hulle in 2022 regmaak vir gehalte musiek en topklas konserte met HERLAAI, ‘n landswye konsertreeks wat spog met name soos Spoegwolf, Bok van Blerk, Refentse en Elandré Schwartz. Dié kunstenaars gaan ‘n verhoog deel in ‘n monster vertoning van 4 en ‘n half ure. En die beste? Die kunstenaars kom na jou toe! Die konsert word in 5 verskillende dorpe regoor die land aangebied.
• Pretoria 7 Mei 2022
• Paarl 21 Mei 2022
• Vaaldriehoek 10 September 2022
• Oos-Rand 8 Oktober 2022
• George 15 Oktober 2022
HERLAAI se slagspreuk, Jou Adrenalien Aangevuur, Jou Provinsie, Jou Taal, Jou Konsert, som presies
op wat dié vertoning anders maak. Hulle bring die konsert na die mense, met konserte van Gauteng
tot die Wes-Kaap, en moontlike uitbreiding na ander provinsies.

“Ons wil HERLAAI ‘n jaarlikse instelling maak,” sê uitvoerende vervaardiger Rex van Deventer, “en
die moontlikheid bestaan dat daar selfs nóg kunstenaars by die 2022-program gevoeg kan word.”
“Ons het met Covid-19 besef dat alles nie meer in die stede gaan sentreer nie,” sê organiseerder
Duitser Bosman, “en tesame met die honger vir goeie massavermaak het ons gedink die publiek sal
byval vind as ons die beste Afrikaanse sangers na hulle toe bring om ons almal se batterye te herlaai
vir die nuwe lewe ná die afgelope twee jaar.”


Deel van dié unieke konsep is HERLAAI se Talentsoektog, wat op 6 Februarie vanjaar afgeskop het.
Belangstellendes tussen 7- en 35 jaar kan inskryf met ‘n liedjie weergawe van een van die HERLAAI
kunstenaars se musiek. Semi-finaliste moet meeding voor ‘n paneel beoordelaars vir die boerpot –
die kans om op die Herlaai-verhoog te sing!
Inskrywings hiervoor sluit op:
• 24 Maart 2022 Pretoria & Paarl

• 12 Augustus 2022 Vaaldriehoek
• 25 Augustus 2022 Oos Rand & George
Meer besonderhede kan op www.herlaai.co.za gevind word.

Gou spring om jou kaartjies vir HERLAAI 2022 te kry! Met slegs ‘n beperkte aantal van 2 000 kaartjies
per konsert gaan dit vlieg! Streng Covid-protokol geld by die vertonings en ‘n gedeelte van die
opbrengs gaan aan die President Kruger Kinderhuis Pretoria geskenk word.

Volg HERLAAI op Facebook, Instagram, TikTok en Twitter vir die jongste nuus.

Kaartjies vir die Pretoria- en Paarl-konserte is reeds oop en beskikbaar by www.ticketpro.co.za

KAARTJIEBESONDERHEDE
Kaartjies word in vier kategorieë verkoop:
• GOUE SIRKEL staan (R380)
o voorkeur vir toegang en ververings
o slegs 200 beskikbaar

• SPESIALE PAKKET – GERESERVEERDE SITPLEK (R380)
o voorkeur vir toegang en verversings
o slegs 100 beskikbaar

• ALGEMEEN – grond sit en staan (R280)
o 1 400 beskikbaar

• ALGEMEEN – gereserveerde sitplek (R300)
o 300 beskikbaar

Toegang vir kinders onder 2 is gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *