Dit is amper veilig om te kan se dat Armand Joubert oornag n “household name” geword het onder die Afrikaner nadat hy sy mega hit Met Jou Klere Af uitgebring het einde 2023 wat tans op 4.5 miljoen views staan op YouTube.
Armand is al baie lank in die musiek industrie. Hy het sy ongelooflike merk gemaak op The Voice South Africa seisoen 2 met daai 5 oktaaf stem, ongelooflike fashion sense en n verhoog persoonlikheid soos net hy kan. Armand is inderdaad n kunstenaar in sy eie reg en het in n baie kort tyd baanbreukende sukses bereik as n “independent” Afrikaanse kunstenaar.
Armand het nie altyd Afrikaans gesing nie en hierdie is wat hy volgende gese het oor hoekom hy in uiteindelik die besluit gemaak het. “Ek het besluit om die musiek te maak wat ek nooit gehoor het in my eie taal nie.. En met baie respek gese, ek wou iets anders bring na die tafel toe want ons industrie kort iets nuut en vars. In my eie en eerlike opinie het ek gevoel dat die hoofstroom Afrikaanse musiek het begin stagneer en ek wou nog altyd gedoen het wat ek doen in my engelse musiek, maar in my taal. Die wereld beweeg vorentoe en ons moet ook. I refuse to be forgotten and for my people to stay in the past. Veral die jonk mense. Hulle kort ook musiek wat cool is en wat met hulle praat in die tyd wat ons nou in leef. Ek is anders. Ek is openlik oor ek wat n gay man is en ek weet daar is bitterlik baie mense wat voel soos wat ek voel en wat net hulself wil kan wees, in Afrikaans. Ek maak musiek vir elke person wat voel dat hulle nooit in die boksies sal pas wat vir ons gebou is nie. BOKSIES IS BORING”