INNERLIKE BEMAGTIGING VAN VROUE: BREEK FISIESE EN GEESTELIKE GRENSE

Terwyl ons Vrouemaand vier en die merkwaardige prestasies van vroue erken, is dit noodsaaklik om ook kennis te neem van die uitdagings wat dikwels hulle algehele welstand beïnvloed.

Onder hierdie uitdagings is negatiewe selfgesprek en ’n gebrek aan selfvertroue algemene probleme waarmee baie vroue sukkel.

In situasies van gesinsgeweld kan hierdie geestelike hindernisse vroue verhoed om hulself effektief te verdedig, beide fisies en geestelik.

Negatiewe denke kan jou vermoë om oplossings te vind belemmer, wat kan lei tot depressie en ’n lae selfbeeld.

Dr. Lizelle Grobler, ’n bekende forensiese psigofisioloog, profieleerder, hipnotiseur, mentalis en HUB van Iqiniso Forensic, beklemtoon die belangrikheid daarvan om te erken wanneer jou denkpatrone skadelik is.

“Hoe ontsnap ek van hierdie depressiewe selfgesprek-siklusse? Hoe bly ek sterk vir my kinders? Dit is vrae wat baie vroue hulself afvra. Deur ons Mind Mastery-opleiding, gee ons jou die vaardighede om hierdie uitdagings te oorkom, met kragtige gereedskap soos geheue-toegangstegnieke wat jou manier van dink kan verander.”

“Glimlag, wikkel jou neus… hou jou kop, hakke en standaarde hoog en wys die wêreld wie jy is,” was nog altyd Grobler se lewensleuse. 

Aangesien vroue nie altyd dieselfde fisiese krag as mans het nie, is dit belangrik dat hulle geestelike aspekte bemeester.

“Die regte visualiseringstegnieke kan jou help om fisiese grense byna onmiddellik te oorskry. In lewensbedreigende situasies, soos gesinsgeweld, kan om geestelik sterk te wees jou fisiese krag en uithouvermoë aansienlik verbeter, wat jou binne sekondes tot drie keer sterker en swaarder kan maak. Dit kan die verskil tussen lewe en dood wees,” sê Grobler.

“Ons bied aan vroue die geleentheid om hul krag terug te neem deur middel van ons naweek-wegbreekkursusse. Hierdie sessies leer vir deelnemers beide geestelike en fisiese selfverdedigingsvaardighede, met die fokus op Krav Maga-vegkunsopleiding, ontsnap- en ontwykingstegnieke, en wapenopleiding. Vroue moet bemagtig word, en met die regte gereedskap kan ons hulle die selfvertroue en vaardighede gee om hulself te beskerm wanneer dit nodig is.”

Volgens Lizelle gaan selfverdediging nie net oor fisiese vermoë nie; dit weerspieël ’n vrou se innerlike krag en geloof in haarself.

Die uitdrukking “toughen up” beteken om iets sterker te maak sodat dit nie maklik gebreek word nie. Dit is die kern van wat sy leer – om beide die liggaam en die gees te versterk.

Buiten vir individuele sessies, bied dr. Grobler en haar span ook aan besighede uitgebreide opleiding om denke te bemeester (Mind Mastery) en gesigprofilering te doen.

Deesdae verander die korporatiewe wêreld so vinnig dat die regte vaardighede net tot almal se voordeel kan wees. Hierdie vaardighede verbeter nie net besluitneming nie, maar bevorder ook interpersoonlike dinamika, wat uiteindelik die werksomgewing omskep in ’n meer samewerkende en produktiewe ruimte.

Dr. Grobler beklemtoon die belangrikheid daarvan om doelgerig te werk: “Moenie net werk toe gaan omdat jy moet nie; moenie net ’n diens lewer nie; verander ’n lewe. Omring jouself met positiewe, inspirerende en kreatiewe mense wat die wêreld wil verander. Hulle sal jou uitdaag, jou oopbreek, ophef, en jou help groei. Hierdie mense is jou span.”

Dink net hoe lekker ’n wêreld sou wees waarin al jou kollegas mense is wat jou inspireer om te presteer en nuwe hoogtes te bereik. Dit is inderdaad moontlik, en dit begin by jou. Verandering begin met die keuse om jouself te omring met individue wat jou lewe verryk en prestasie verbeter.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook – https://www.facebook.com/drlizellegrobler

Instagram – https://www.instagram.com/drlizelle.grobler/

LinkedIn – https://www.linkedin.com/in/dr-lizelle-grobler-5a4a2563/?originalSubdomain=za 

Webwerf – www.iqinisoforensic.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *