FRANCOIS VAN COKE se vyfde solo-album: Die Ruimte

“Die ruimte simboliseer vir my misterie, die onbekende en oneindige moontlikhede.” Francois van Coke

SKAKEL NA DIE RUIMTE: https://ffm.to/fvcdieruimte

Die Ruimte is die 8x SAMA’s-wenner, Francois van Coke, se vyfde solo-album. Hierdie album is nou uit.

Francois het reeds sedert Oktober 2024 hierdie album begin bekend stel met drie gewilde enkelsnitte wat hy redelik kort na mekaar vrygestel het: “Victor Ludorum”,  “Aande” met Ryno Velvet en “Gelukkige lewe”.

“Ek het jou meer lief as die ruimte,” is iets wat Francois gereeld vir sy kinders sê.

Hierdie woorde het die album se titel geïnspireer. Dit is ook die titelsnit wat later in Maart op radiostasies gehoor sal word.

Die nuwe musiek is indrukwekkend en spreek vanself. Vele sal aanklank vind by die boeiende en eerlike lirieke waarvoor Francois so bekend en geliefd is. En hierdie vrystelling se beelde sal die verbeelding prikkel.

Francois beplan ‘n paar musiekvideos wat deur die verloop van die jaar skerms sal sien. Hy skop af met “Sad Man” wat nou uit is op YouTube. (Sien onder vir meer inligting.)

Die Ruimte gaan ook vir ‘n spin in Australië en Nieu-Seeland wanneer Francois daar op toer gaan einde Maart / begin April saam met Die Gevaar en Early B.

Lekker feite oor Die Ruimte waarvan jy jou vriende by die braai kan vertel:

Snit 2 – “Die Ruimte”: Francois het hierdie pragtige lied geskryf vir sy twee kinders.

Snit 3 – “Breek”: “Breek” is kragtig en weerloos op dieselfde tyd. Dit gaan oor nie inpas nie. “Act your way past those guards” is ‘n kwotasie uit die fliek, Team Amerika deur South Park se skeppers. “Dit is iets wat ek vir myself sê wanneer ek in ‘n ongemaklike situasie is of wanneer ek soos ‘n ‘imposter’ voel – ‘speel toneel verby die verdediging’,” vertel Francois.

Hoe Francois Snit 4, “Gelukkige lewe”, hoor: “Die song klink vir my amper soos asof Michael Jakson en The Weeknd ‘n liefdesbaba gehad het, ‘n sad song geskryf het oor gelukkig wees, êrens tussen-in Afrikaans geleer het en dit dan opgeneem het saam met die gevaarlikste rock band in Suid-Afrika.”

Snit 7 – “DSK” (Dominee se kind): Studente van Stellenbosch Academy of Design & Photography is besig om ‘n geanimeerde musiekvideo te maak vir hierdie snit.

Francois se gunsteling lirieke kom ook hieruit:

vir ewig skitterend

sterretjies in die duisternis

ek wil dit nie veg nie

want ek gee nie meer om nie

“Dit beskryf die fights wat ek in my lewe gehad het en dat ek nie nou meer hoef te baklei met iemand nie, vertel Francois.”

Snit 11 – “Sad Man (Bonussnit)”: Die lied is geskryf uit negatiewe Netwerk24-kommentaar oor die vrystelling van Francois en Annie Klopper se boek, Hoe ek dit onthou (gepubliseer in September 2024). Hierdie boek is tans in sy derde herdruk en was tot einde Februarie op Netwerk24 se topverkoperslys.

Francois het ‘n briljante viral video gemaak oor die kommentaar: https://www.instagram.com/reel/C_sLkMBInVS/?igsh=bXloN3VtdjVycTZ0

“Sad man” is ook nou uit op YouTube – kyk hier: https://bit.ly/SadManVideo

DIE RUIMTE SNITLYS:

1.⁠ ⁠Aande saam met Ryno Velvet

2.  Die Ruimte

3. Breek

4.  ⁠Gelukkige lewe

5. Victor Ludorum

6. Olifant

7. DSK

8. O, my genade

9. Sirenes

10. Gedans tot ons bloei

11.⁠ ⁠Sad man (Bonussnit)

Foto Krediet: André Badenhorst

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *