ALMAL HET ’N BIETJIE RUS NODIG NÁ ’N LANG JAAR

Bietjie Rus, Daniel Hoffman se splinternuwe enkelsnit, versinnebeeld die gevoel van vakansie en is net betyds is om verligting te bring ná die einde van wat ’n rowwe jaar vir baie mense was.

Dié vrolike en humoristiese Afrikaanse pop-liedjie is geïnspireer deur die sanger se eie ervarings oor die laaste jaar en is deur homself en Eugene Nel van Hugh Lynn Records geskryf, wat ook die vervaardiger was.

Asemhaal en batterye herlaai is nodig, veral deur die drukkende- en besige tyd waarin ons almal tans leef. Die titel reflekteer die behoefte aan ontspanning en om die lewe weer te waardeer. Bietjie Rus is ’n eenvoudige, maar betekenisvolle frase wat mense aanmoedig om ’n blaaskans vir hulself te neem.

“Hierdie liedjie se tydsberekening is perfek,” verklap die talentvolle sanger. “Ek glo dat die publiek dit met ope arms gaan ontvang omdat dit nie net ’n liedjie is nie, maar ook ’n gevoel van vrede en dankbaarheid bring in ’n tyd waar die meeste mense moeg en oorweldig voel. Die humoristiese aanslag gaan ’n bietjie van die spanning wegneem en mense daaraan herinner om te lag en weer die eenvoudige dinge in die lewe te waardeer.”

Bietjie Rus is die vierde enkelsnit wat Daniel vanjaar vrygestel het. Al drie voriges is baie goed ontvang en het vinnig geklim op verskeie trefferparades. Hy glo dat hierdie enkelsnit sal voortbou op die ander se sukses en dat die eenvoudige, maar kragtige boodskap baie aanhangers sal inspireer.

Die talentvolle sanger is in Newcastle gebore en woon tans in Witbank. Hy is al veertien jaar lank aktief in die musiekbedryf en het nog altyd geweet dat musiek sy voltydse passie sou wees: “Toe ek klein was het ek begin sing op Billy Ray Cyrus se musiek en ek het nooit verdere professionele musiekopleiding ontvang nie. Ek het net geweet dis wat ek wou doen met my lewe,” deel hy oor sy musikale agtergrond.

Harde werk is nog altyd ’n belangrike deel van sy loopbaan en hy gee die krediet vir sy sukses aan die Country-legendes soos Billy Forrest, Bobby Angel en John Lindeman, wat die geleentheid aangegryp het om hom te ondersteun en sodoende sy eerste album te help vrystel.

Familie beteken baie vir Daniel, en hy geniet dit om rustig tyd by sy huis deur te bring. Omdat KwaZulu-Natal vir jare lank sy tuiste was, verkies hy nou die bosveld bo die see wanneer hy wil ontspan.

Met jare se ondervinding op sy kerfstok het hy al baie hoogtepunte bereik, insluitend optredes saam met groot name in die musiekbedryf. ’n Spesiale herinnering is sy vertoning saam met sy musiekheld, Steve Hofmeyr, net voor die covid-19-pandemie.

Toekennings is nie vir hom onbekend nie. Hy is in 2011 genomineer vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, en hy het al vier Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings gewen vir die beste volwasse kontemporêre album, beste Southern Rock-album, beste komedie- en beste gospel-album.

Nederigheid is ’n kernwaarde vir Daniel. Hy glo dat geen kunstenaar beter as ’n ander is net omdat hulle meer sukses behaal het nie – elkeen bring iets unieks na die musiekbedryf wat gevier moet word.

Buiten vir musiek is die sanger ook aktief in die media betrokke. Hy bied tans sy eie TV-program, Ouma se Raad, aan wat binnekort beskikbaar sal wees op NET Afrikaans. Die program bevat onderhoude met die oumas in ons land en gaan oor boererate, bygelowe en ouvroustories – ’n baie lekker en insiggewende program wat die ouer generasie sowel as die jonger geslag bymekaar sal bring.

Daniel is die laaste ruk baie besig met vertonings en is opgewonde om weer nuwe musiek vir sy aanhangers te bied. Sy planne vir die res van die jaar, sowel as vir 2026, sluit nuwe vrystellings en meer betrokkenheid by musiektoere in. Daar wink ook twee nuwe duet-projekte met ander kunstenaars en hy glo dat die publiek baie opgewonde sal wees daaroor.

Bietjie Rus is meer as net ’n liedjie – dis ook ’n uitnodiging om te rus en die lewe minder ernstig op te neem vir elkeen wat daarna luister.

Die snit is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms. Kry dit hier: https://ffm.to/daniel-hoffmann-bietjie-rus
ISRC: ZATGM2500020

DANIEL HOFFMANN – BIETJIE RUS- Liedjie informasie:

Release datum: 12 DESEMBER 2025

Composer – EUGENE NEL

Kunstenaar: DANIEL HOFFMANN

Titel: BIETJIE RUS

Taal: Afrikaans

Platemaatskappy: ARTIST VILLAGE

Verspreiders: ARTIST VILLAGE

Skrywers/Publiseerders: DANIEL HOFFMANN / EUGENE NEL / CAPPASSO

Volg hom op sosiale media:

Facebook: https://www.facebook.com/danielhoffmannfanpage?Mibextid=zbwkwl

Instagram: https://www.instagram.com/danielhoffmannsanger?Igsh=ogq5zdc2odk2za==

Tiktok: https://www.tiktok.com/@danielhoffmanntwe?_t=8ppfskiht0x…

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCsfc0zDT6O9y8BTLHr9g7ww