Fatman maak weer moeilikheid

Fatman is een van daardie kunstenaars wat ’n natuurlike talent het om gehore te vermaak. Aanhangers kan net nie genoeg kry van sy musiek nie en hy spog met talle groot treffers soos Dorp Toe, Vuil Coke & Kamp Kommandant.

O My Vy, is geskryf deur Fatman, Roux Cloete & William Loots. Daar word altyd liedjies geskryf oor lekker kuier en dans, so hierdie keer het hulle besluit om n liedjie te skryf oor wat gebeur as jy te lekker kuier en dans.

“Pappa maak nou weer groot moeilikheid saam met sy vriende en die Vuil Coke loop, so mamma is baie kwaad vir hom, maar tog bly sal baie lief vir hom. Vrouens sê mos altyd mans moet beter kommunikeer, so in hierdie liedjie het ek regtig probee, of het ek?”

Die opname van die musiekvideo was n reuse sukses. Die video beeld uit hoe dit soms in Afrikaanse huise gaan. Met tong-in-die-kies lirieke sal julle sien dat die musiekvideo ‘n kinkel op die einde het.  Meer as dit kan ons nie weggee nie.  Julle gaan maar self die video moet gaan kyk.

Fatman glo dat jy nooit te oud is om enigiets te doen nie en dat jy die lewe ten volle moet geniet en daarom het hy nog baie drome en planne vir die toekoms.

Luister na O My Vy – https://fatman.lnk.to/OMyVy

Kyk O My Vy se musiekvideo – https://www.youtube.com/watch?v=rKrR0bER7_8

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *