Aidan Kade stel emosionele nuwe enkelsnit “Hoor Jy My?” vry op 19 Junie 2026.

Die hoogs verwagte enkelsnit bied ’n aangrypende musikale ervaring wat rou emosie, eerlike storievertelling en grensverskuiwende klanke saamweef in ’n unieke luisterervaring.Aidan Kade het offisieel die vrystellings datum van die nuwe enkelsnit verklaar, “Hoor jy my?” word vrygestel op 19 Junie 2026.

“Hoor jy my?” is ’n diep persoonlike en alternatiewe Afrikaanse snit wat temas van kwesbaarheid, selfgelding en die universele begeerte om werklik gehoor te word ondersoek.
Die liedjie versmelt aangrypende vokale melodieë met ’n kontemporêre produksie styl, en meng elemente van alternatiewe pop, elektroniese atmosfeer en organiese instrumentasie.

“Aidan het ‘Hoor jy my?’ geskryf op ’n tydstip waar hulle gewonder het of hul liefde vir musiekmaak ’n nadeel vir hul toekoms sou wees as gevolg van hoe moeilik dit is om in hierdie bedryf gesien of gehoor te word, sowel as tydens ’n vorige verhouding waarin Aidan ongehoord en ongesiens gevoel het,” het Aidan gesê. “Dit is ’n gehuil, ’n fluister en ’n brul alles tegelyk.
Hierdie liedjie is vir enigiemand wat al ooit gevoel het hoe hul stem in die geraas verlore raak.”

“Hoor jy my?” is vervaardig deur Kyle Botha en opgeneem by Son Studios.
Die musiekvideo geregisseer deur Aidan Kade sal op 19 Junie om 6 nm SAST eksklusief op YouTube beskikbaar wees.

“Hoor jy my?” sal beskikbaar wees op alle groot stroom platforms, insluitend Spotify, Apple Music, ens. vanaf middernag plaaslike tyd op 18 Junie 2026.


Dit is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms. Kry dit hier: https://ffm.to/aidan-kade-hoor-jy-my

Die musiekvideo is nou beskikbaar: Kry dit hier:  https://youtu.be/e3stkcx0s4Q

Skrywer: AIDAN KADE

Verwerker: Kyle Botha

Aidan Kade is ‘n 25-jarige sanger/liedjieskrywer wat stadig maar seker vastrapplek in die musiekbedryf kry.
Aidan sing al meer as ‘n dekade professioneel en verbeter voortdurend hul klank.
Aidan eksperimenteer met meeste genres, maar het diep verlief geraak op die klanke van Alternatiewe Rock, wat nou hul hoof genre geword het.