ANCHEN STEL EMOSIONELE DEBUUT-ENKELSNIT “BITTERSOET DING” BEKEND.


“‘Bittersoet Ding’ is die perfekte mengsel van liefde, verlange en moderne Afrikaanse klank — ’n liedjie waarmee Anchen diep in luisteraars se harte inbreek.”

Met haar eerste amptelike vrystelling, “Bittersoet Ding”, maak Anchen ’n sterk en emosionele indruk op die Afrikaanse musiekbedryf.
Die jong kunstenaar van Klerksdorp bring met hierdie moderne Afrikaanse pop-enkelsnit ’n rou eerlikheid na vore waarmee baie luisteraars onmiddellik sal kan vereenselwig.

Die lied, wat op 8 Mei vrygestel is, vertel die verhaal van ’n liefde wat eens mooi en vol geluk was, maar stadig verander het in iets wat meer seer as vreugde gebring het.
Dit is ’n lied oor die moeilike besef dat liefde nie altyd genoeg is om ’n verhouding bymekaar te hou nie — veral wanneer die bitter uiteindelik die soet begin oorheers.

Vir Anchen is “Bittersoet Ding” meer as net ’n liedjie; dit is ’n persoonlike stuk van haar eie lewe en emosies.

Die lied is geïnspireer deur haar eerste verhouding en die emosionele ervaring waardeur sy gegaan het.
Deur eerlike lirieke, sterk emosie en moderne pop-elemente neem sy luisteraars saam deur die pyn, verlange en selfondersoek wat baie mense in liefde ervaar.

“Liefde is nie altyd genoeg as die seer meer is as die geluk nie — weet wanneer om weg te loop, al is jy lief vir hulle…” — Anchen

Een van die sterkste lirieke uit die lied —
Ek glimlag breed maar my siel is rou, dis jy waaraan ek heeltyd vashou?

— het reeds die potensiaal om diep aanklank by luisteraars te vind, veral onder jongmense wat hulself in moeilike verhoudings en emosionele situasies bevind het.

Wat Anchen besonders maak, is haar vermoë om haar eie stories in haar eie woorde te vertel.
In ’n tyd waar baie kunstenaars staatmaak op eksterne skrywers, skryf sy haar eie musiek — iets wat volgens haar skaars geword het in vandag se musiek arena.

“Ek wil hê mense moet voel hulle is nie alleen in wat hulle voel nie. Ek dink baie mense het al daardie bittersoet liefde ervaar waar jy iemand liefhet, maar weet dit maak jou seer ook,” sê sy.

Hoewel “Bittersoet Ding” haar eerste amptelike vrystelling is, sing Anchen reeds van die ouderdom van vyf jaar af.
Musiek was nog altyd deel van haar lewe, maar haar professionele pad het in 2025 momentum begin kry toe sy saam met Eugene Nel begin werk het.

Sy beskryf haar grootste prestasie tot dusver as die geleentheid om nou ’n getekende kunstenaar te wees onder leiding van Ferdi Steyn Eicker van Artist Village Indi Label, tesame met die bekende verwerker Eugene Nel van Eulen Records, wat die verwerking van al haar toekomstige musiekprojekte sal behartig, glo sy dat ’n rooskleurige toekoms vir haar voorlê en dat haar musiek diep aanklank by luisteraars se harte sal vind.

Die produksie van “Bittersoet Ding” is behartig deur Eugene Nel, wat bekend is vir sy passie vir Afrikaanse musiek en die ontwikkeling van nuwe talent.
Saam met Artist Village vorm hierdie samewerking deel van ’n groter visie om vars, eerlike en relevante Afrikaanse musiek na luisteraars te bring.

Met haar sagte maar kragtige aanslag, emosionele diepte en moderne popklank posisioneer Anchen haarself as een van die opwindende nuwe stemme om dop te hou in die Afrikaanse musiekbedryf.

Anchen is ’n jong Afrikaanse kunstenaar van Klerksdorp met ’n passie vir eerlike storievertelling en emosionele musiek.
Sy sing reeds van kleins af en het deur die jare haar liefde vir musiek ontwikkel tot iets wat sy nou professioneel uitleef.

Met haar unieke vermoë om persoonlike emosies in lirieke te omskep, wil sy musiek skep waarmee mense werklik kan assosieer.
Haar doel is om nie net liedjies te sing nie, maar stories te vertel wat mense laat voel, onthou en genees.

Sy droom daarvan om haar musiekloopbaan voltyds uit te bou en ’n langtermyn impak in die Afrikaanse musiekbedryf te maak.

Bittersoet Ding is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms. Kry dit hier: https://ffm.to/anchen-bittersoet-ding
Musiekvideo is 15 Mei beskikbaar: Kry dit hier: https://www.youtube.com/@x_anchen_x
Anchen / Bittersoet Ding – ISRC: ZB2OE2600013

VOLG HAAR OP SOSIALE MEDIA

Facebook –

Instagram – x_anchen_x
TikTok – x_anchen_x YouTube – https://www.youtube.com/@x_anchen_x