Anzelle is terug met haar tweede enkelsnit.

Anzelle is seker een van die mees belowende jong opkomende kunstenaars in ons land. Al is sy net 19 jaar oud het sy dit alreeds reg gekry om ‘n groot impak op mense te maak met haar buitengewone sangtalent.

Na die sukses van haar debuut enkelsnit, “Klein Botteltjie Groot Gif” is sy vandag terug met haar tweede enkelsnit, Lawaaiwater, en dit gaan julle voete behoorlike laat jeuk.

Ons het net een lewe, so kom ons lewe. Lawaaiwater beskryf die lewe van ‘n student in ‘n neutedop. Jy is in die fleur van jou lewe, saam met mense vir wie jy lief is, besig om die tyd van jou lewe te hê. Lawaaiwater is geskryf deur Roux Cloete & Dirk van Niekerk en dit is gebasseer op die ware lewensverhaal van elke student in die land.

Om ‘n goeie aand te hê gaan gewoonlik gepaard met iets om te drink, vir party mense is ‘n Lawaaiwater sommer net koffie of tee, vir ander is dit dalk ‘n Powerade of self ‘n kortetjie. Lawaaiwater is enige iets wat jou in die bui sal sit om die tyd van jou lewe te hê.

Die doel met hierdie liedjie is om vir mense iets te gee om te kuier maar sommer ook te laat langarm. Wees jonk, wees vry en geniet die oomblik waarin jy jouself bevind.

“Lawaaiwater is defnitief die nuwe kuierliedjie vol lewe en energie. Dit is ‘n goedvoel liedjie vir al die studente wat al hulle deurnag kuier aande gehad het waar hulle gedans het, gelag het, en net ‘n lekker tyd saam met hulle vriende geniet het.” – Vertel Anzelle

Luister liedjie hier – https://anzelle.lnk.to/Lawaaiwater

Anzelle is gebore om op die verhoog te wees. Die toekoms lyk blink vir ‘n buitengewone kunstenaar soos sy en ons kan nie wag om te sien wat die res van haar toekoms vir ons inhou nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *