Die Piesangskille blaas vars asem in die musiekbedryf in.

Ontmoet Die Piesangskille, ‘n random band van Potch
Die Piesangskille is seker een van die mees belowende jong opkomende groepe in ons land. Die groep bestaan uit Daniël Francios Marais & Johan Balt wat mekaar in Potchefstroom ontmoet het waar hulle tans albei studeer.
Vandag stel Die Piesangskille hulle heel eerste enkelsnit en musiekvideo, Mal Maandagaande, vry vanaf hulle opkomende album Almal Gly en dit gaan julle behoorlik terugvat in tyd en jou laat voel of jy weer ‘n student is.
“Die inspirasie van die liedjie is in die naam, want dis maar presies hoe ons op dit af gekom het na n mal Maandagaand. Dit is een van die liedjies met minder betekenis maar tog ‘n positiewe vibe. Dit is lig en snaaks en ons dink mense gaan dit genie. Dit gaan oor hoe dit is om ‘n student te wees”
Luister Liedjie Hier – https://DiePiesangskille.lnk.to/AlmalGly
Met die musiekvideo wou Die Piesangskille en hulle span mense ‘n idee gee van Potch maar ook hoe mal Maandagaande in die dorp is en kan wees.
“So, ons wou meer van die dorp die studente en natuurlik die mal Maandagaande uitbeeld. Die boodskap van die video is eintlik net wees jonk, wees jouself en geniet jou tyd op Universiteit terwyl jy kan want dis eintlik baie kort”
Die Piesangskille se Motto is:
Moenie jouself te ernstig opvat nie en vergeet van wat mense van jou dink.
Kyk musiekvideo hier – https://youtu.be/icMUlJBzRt0
Meer oor Die Piesangskille
Daniël Francios Marais
Daniël Francios Marais kom van Kimberley af, en is tans ‘n tweedejaar student wat bemarking studeer aan die NWU Potchefstroom Kampus. Ettienne Steyn is een van sy gunsteling kunstenaars en hy sal daarvan hou om eendag saam met hom te skryf net vir die feit dat Daniël baie betekenis vind in sy musiek.
“Ek love die idee dat ek ‘n storie kan oorvertel in terme van musiek en dis ook vir my baie makliker om ‘n liedjie te skryf as dit oor iets gaan wat met my persoonlik gebeur het.”
Daniël sou graag in eiendom wou ingaan as hy iets anders kon kies omdat die koop en verkoop van eiendom baie lekker vir hom lyk en hy beslis ys aan ‘n Eskimo kan verkoop met sy persoonlikheid.
‘n Kunstenaar wat hom inspireer om te skryf is Deon Meiring, net oor sy manier van skryf en sy stories oordra in musiek. Hy is ook vir hom ‘n inspirasie omdat hy al so baie musiek geskryf het maar ook sy gedigte en briewe wat hy altyd op Instagram deel.
Johan Balt:
Johan Balt kom van Knysna af en het op Hoër Landbouskool Oakdale skool gegaan. Hy is deel van ‘n drieling en hy en sy twee susters het ‘n wye skuif gemaak vanaf die Wes-Kaap om in Potch te gaan studeer. Sy voorliefde vir musiek kom van sy Oupa af wat hom geleer het om kitaar te speel.
Johan is tans ‘n tweedejaar LLB student op die NWU Potchefstroom Kampus.
“Ek geniet dit baie om LLB te swot, want dit is eerstens baie interressant,en dit laat jou op jou voete dink.”
Johan persoonlik hou baie van Country, Rock en Alternatiewe musiek. Dit is wel ‘n vreemde kombinasie, maar tog luister hy eintlik maar enige tipe musiek.
“Ek is nog baie nuut in die musiekbedryf en het nog eintlik baie min ondervinding & die grootste uitdaging op die ou einde is seker maar die feit dat ek voor mense moet sing as ek in ‘n band wil wees, maar ek het die laaste jaar besef dat dit eintlik so lekker is en nie so erg is soos wat ek gedink het dit gaan wees nie”
Ek vertrou die piesangskille sal van sterkte tot sterkte in die musiek bedryf gaan.
Weereens alle Sterkte.