’n Mens kan sommer die pyn en eensaamheid in die saamvloei van musiek en liriek hoor.

’n Gastehuiseienaar en sanger  uit die Pragtige karoodorp, Beaufort-Wes, debuteer die herfs met die enkelsnit, Koffie in die tronk, wat “die  hopelose realiteit van Liefde waarbinne ons soms moet leef” uitbeeld.

Meinhardt , wat al in 2004 tot die Afrikaanse musiekmark toegetree het, het ’n goed-geoliede stem wat sterk herinner aan die helende effek wat karooplante soos katbos en kambroo  op die mens kan hê.

Dus, Koffie in die tronk, wat ook uit sy eie pen verskyn het, is nie net nog ’n geween en gekners van tande oor die liefde wat verskillende metafore kan aanneem nie; dit is amper ’n bevrydingslied wat die liefdestronkdeure oopsluit en onderwerpe soos “verslawings binne verhoudinge” en “eensaamheid” kaalvuis aanpak.

“ Die liedjie, vertel Meinhardt, gaan oor juis hierdie  taboe-onderwerp  en  die eensaamheid in ’n verhouding of gesin –wat dit skep,  waaroor mense nie eintlik wil praat nie.”

” Dit, verduidelik hy,  lei tot ’n eensame verhouding van verlange waar die liefde net afwaarts spiraal tot daar aan die einde niks meer oorbly nie. ’’

 “Ironies genoeg skep die gebrek aan liefde die afhanklikheid, wat vir al die betrokke partye,  tot nog  ’n groter gebrek aan liefde lei. Die vraag word aangespreek;  Is dit ’n oormaat van gee en gee, of die opgee, wat aan die einde van die dag  lei tot ’n donker put van selfvernietiging?”

Die snit het vir hom ook ’n baie persoonlike betekenis, want hy was al ook binne so ’n tipe verhouding vasgevang.

 “Ek glo dat beide partye binne so ongesonde afhanklikheids liefdesverhouding,  afhanklik is, hulle leef om te oorleef, en almal betrokke bly  in dieselfde tronk as die fiesiese afhanklike vasgevang . Daar is soveel forms van afhanklikhede waarna ons gryp in ons desperate soeke na  liefde en aanvaarding.”

 Ek glo dat ons meer bewustheid rondom die onderwerp moet skep, want dit kan baie gesinne uit die tipe liefdesnood red. Dié snit pak wel ernstige knelpunte aan, maar dit handhaaf steeds ’n ligte gevoel en skep ’n gevoel van hoop.

“Ek glo dat almal met dié snit sal kan identifiseer, want,  aanhou klou, weer probeer, en hoe lank nog? het al universiële frases in die liefdeswoordeboek geword,’’ vertel Meinhardt. “Ek hoop dat die lied baie gesinne en geliefdes weer ’n bietjie hoop in  liefde sal gee, liefde wat aanhou klou’’

Die hoop word ook aan die einde van die snit verwoord: … in die donker gang van twyfel sal ek jou kom haal…

 Meinhardt is in Delmas in Mpumalanga gebore, maar het aan die Hoërskool Hangklip in Queenstown in die Oos-Kaap gematrikuleer. Daarna het sy paaie na die Vrystaat geloop waar hy grafiese ontwerp aan die destydse Technikon Vrystaat studeer het, en toe wéér terug na die Oos-Kaap waar hy in die bosboubedryf beland het.

 In 2012 het hy die Afrikaanse musiekmark behoorlik op hol gehad met sy gospelalbum, Daar is meer, waarvoor hy ook ’n ATKV-benoeming ontvang het. Hoewel die gastebedryf hom aan die wikkel hou, verskyn daar gereeld liedjies, wat oor die lief en leed van die lewe handel, uit sy pen.

 Meinhardt se Koffie in die tronk is ’n uitstekende nuwe toevoeging tot die Afrikaanse repertoire. Die lirieke is ook pasknap vir sy tenoorstem. ’n Mens kan sommer die pyn en eensaamheid in die saamvloei van musiek en liriek hoor.

 Met die snit gaan Meinhardt ook ’n paar nuwe ondersteuners bykry.

 Die liedjie is deur Darryl de Lange verwerk en opgeneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *