Pieter Smith is terug met ‘n tong-in-die-kies liedjies

Estimated read time 1 min read

Pieter Smith se stem word gehoor by elke troue en kuier met sy treffers “Stukkie Van Der Merwe” en “Blomme”.  Hierdie keer wil hy dit nog lekkerder maak met sy nuwe liedjie, “Willemiena Van Gezina”

Die liedjie sal dadelik julle voete laat jeuk en veroorsaak dat julle nie gaan wil ophou dans nie. Net soos n troue nie n troue is sonder Stukkie Van Der Merwe nie, so gaan Willemiena Van Gezina beslis die volgende trouetreffer raak.

Kyk jy na die musiekvideo sal jy ook n paar bekende gesigte in die video sien. Die video weerspieël 100% die betekenis van die liedjie. Dit maak nie saak hoe ryk of hoe “grand” jy dink jy is nie, op die einde van die dag is ons almal maar net gewone mense, veral as jy kuier.

Die humor word mooi vasgevang, veral met Bibi se vertolking van Willemiena. Ons is oortuig dat niemand die vertolking van Willemiena beter sou kon doen nie

Kyk video hier

Volg Pieter Smith op die volgende Sosiale Media platforms

Facebook

Instagram

Twitter

You May Also Like

+ There are no comments

Add yours