Lost in the dark – Die eerste Engelse enkelsnit van C-Storm.

C-Storm het die afgelope drie jaar sinoniem geword met  sy liriekgedrewe rock-liedjies wat vergelyk kan word met goedgehoute wiskey of selfs soms ’n sterk likeur. Daar is niks stroperigs aan sy lirieke nie; vreugde en verlies word (soms) donker metafore vr ons eietydse bestaan.

Né  die uitreiking van sy derde enkelsnit, Skoenlapper, in Oktober verlede jaar, is hy nou weer terug op die radiospeellys met ’n snit, Lost in the dark, wat nie veel afwyk van sy ander típe whiskey rock-ballades nie.

Lost in the dark is sy eerste Engelse enkelsnit en hiermee bewys hy ook dat die Engelse taal net so vol metafore, motiewe, simoble en allegorië kan wees.  Lost in the dark, is veral vol allegorie, waar twee individue abstrakte wesens word wat redes soek waarom hulle nie as paartjie kan funksioneer nie.

Dit is eintlik ’n aweregse liefdesballade waar die sprokie nie ’n gelukkige einde het nie.

C-Storm et ’n goeie aanvoeling vir woorde en hy het ook die tegnieke van digkuns bemeester: die fyn (en soms nie so fyn nie) suggesties van rym en ritme en anafore.  Hy het ook dieselfde resep met Lost in die dark gevolg en die resultaat is ’n maklike-luisterlied met ritmiese woord-en-akkoord.

Volgens C-Storm handel dié snit oor twee minnaars wat om verskillende redes net nie in ’n verhouding kan wees nie. Die redes is hulle verskille; die een drink whiskey, die ander rooiwyn, die een hou van die kleur blou, die ander van pienk.  “Maar as hulle nie bymekaar is nie, verlang hulle na dáárdie oomblikke waar dié verskille nie saak maak nie, net hulle diep liefde vir mekaar.

Dié pyn, wat agter hulle gelimlagte weggesteek word, word goed verwoord in  die lirieke: “listening in to the radio, without your touch it’s not the same. Even in the darkness memories really mad – and all the pain…. We are worlds apart…. Lost in the dark…”

“So baie van ons steek ons pyn en verlange agter ’n vals glimlag weg, maar in werklikheid is ons besig om in stukkies te breek. Jy moet onthou dat jy uniek is, en nie soos ander mense is nie, maar dat ons ons verskille kan aanvaar en in harmonie en liefde saam leef.”

 “Ek het ‘n voorliefde vir rock-musiek en ek dink my musiek en liriek word in ‘n mate deur Dire Straits en Pink Floyd beïnvloed,vertel C-Storm. “Die idee was nie oorspronklik om ‘n donker liedjie te skep nie, maar soms draai ‘n liedjie anders uit as wat ‘n mens beplan het.”

C-Storm het eers op die rype ouderdom van 49 tot die musiebedryf toegetree het, en drie jaar later boer sy enkelsnitte op nasionale radiostasies soos RSG.Sy snitte kan ook landswyd op plaaslike- en internetstasies gehoor word.

C-storm is een van ons land se nuwe rock-’n-roll-troebadoere en hy is ook al met Valiant Swart vergelyk. Hy is ook onlangs vir drie Afri Indie-toekennings n die kategorieë beste liedjieskrywer in Afrikaans, beste musiekvideo, en beste hedendaagse liedjie, benoem.

Met Lost in the dark gaan C-storm ook nou ’n nuwe gehoor bereik wat dalk nie noodwendig na Afrikaanse musiek luister nie. Net soos sy vorige enkelsnitte is Lost in the dark ook gestroop van clichés en word dit eerlik en opreg aan die luisteraar oorgedra.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *