Weeklikse Kookklasse vir Kinders in Centurion! Hope pret in die kombuis saam Sjef Jan!

Die Jan se Kombuis Kookskool is enig in sy soort en bied weeklikse 60 min kookklasse aan vir kinders (Gr 1 – 12) in Lyttelton Manor, Centurion!   Middagklasse (Ma-Vry) beskikbaar

Met ‘n splinternuwe kombuis en top-klas toerusting gaan elke sjeffie weekliks leer hoe om verskeie resepte te maak, baas te word van basiese kooktegnieke, hul kreatiwiteit uitleef en leer van die dissipline en spanwerk wat die kombuis vereis!

Elke sjeffie ontvang ook hul eie voorskoot, sak, pen en werksboek vir die jaar. PLUS, alle sjeffies kan uitsien na GROOT PRET PROJEKTE soos restaurantfunksies waar hul kook vir hul ouers, asook ‘n pragtige en unieke jaarlikse kookboek!
Registreer vir 2023! Slegs 12 plekke per klas!
Registreer gemaklik aanlyn en selekteer die dag en tyd wat die beste werk vir u skedule! Klasse begin vanaf 30 Januarie 2023! Druk op die knoppie hieronder of besoek ons webtuiste by www.jansekombuis.co.za/kookskool/
­ ­

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *