Die Ditjies & Datjies Spat Tussen Fatman & Lianie May

Fatman is een van daardie kunstenaars wat ’n natuurlike talent het om gehore te vermaak. Aanhangers kan net nie genoeg kry van sy musiek nie en hy spog met talle groot treffers soos Dorp Toe, Vuil Coke, Kamp Kommandant & O My Vy.

Lianie May het geen bekendstelling nodig nie en het al diep spore in die musiekbedryf getrap met talle groot treffers soos Jy Soen My Nie Meer Nie, Pleister Vir My Hart, Vergeet My Nie & Bietjie Benoni

Wat is dan nou ‘n beter kombinasie as hierdie twee talentvolle kunstenaars saam? Ditjies & Datjies val so mooi in hulle altwee se kraal. Hierdie is ‘n lekker dansliedjie wat mense net gaan wil laat ontspan en kuier.

Die lied is geskryf deur Roux Cloete & Dirk Van Niekerk wat hoeka agter die sukses van Vuil Coke en Bietjie Benoni sit. 

“Fatman is net so ‘n fun mens en hy laat ‘n mens net so gemaklik voel, ek het so lekker saam met hom gewerk en dit is vir my ‘n groot voorreg. Ons het soveel fun gehad tydens die musiekvideo opname en ek hoop om sommer nog baie saam met hom te kan werk.”

Die opname van die musiekvideo was n reuse sukses. Met tong-in-die-kies lirieke beeld die video mooi uit hoe dit soms in Afrikaanse huise gaan. Daar is in elke verhouding beslis Ditjies & Datjies wat ‘n mens irriteer van die ander persoon. Maar meer as dit kan ons nie weggee nie. Julle gaan maar self die video moet kyk.

“Dit was vir my ‘n groot voorreg of saam met Lianie te werk. Sy is ‘n hartsmens. Sy het al diep spore getrap in die musiekbedryf en as aktrise. Ons het van die begin af lekker saamgewerk en ons stemme harmoniseer mooi saam. Die lekkerste deel van die projek was die musiekvideo. Sy is so natuurlik voor die kamera en ons het baie pret gehad.”

Luister na Ditjies & Datjies – https://fatmanlianiemay.lnk.to/DitjiesDatjies

Kyk na Ditjies & Datjies

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *