Suzette Jacobs stel haar heel eerste kortspeelplaat vry

Vir 24 jaar in die musiekbedryf stel “Country Dame” Suzette Jacobs haar heel eerste kortspeelplaat vry. Suzette Jacobs vermaak haar gehore met vrolike musiek en uitklop konserte sedert 1998. Haar groot liefde vir musiek maak haar uiters populer tydens vertonings en verskyn haar eerste album reeds in 2005. Sy doen ‘n wye verskeidenheid van musiek wat seker maak dat haar gehore aanklank vind tydens haar optredes en is die sleutel tot haar sukses. Hierdie sprankelende sangeres ontvang in 2012, die toekenning as “Country Diva” van Kresendo. In 2016, word sy ver eer met ‘n “Melodie Toekening” vir “Country top 10 liedjie van die jaar” met haar weergawe van die liedjie “I don’t wanna play house”. In Maart 2016, verskyn Suzette ook in die TV program “My Leefstyl” op Gau TV. Sy deel gereeld die verhoog met bekende kunstenaars asook die “Country Legends” en is ook ‘n kranige MC wanneer die geleentheid daar is.

Die Afrikaanse enkelsnit ‘Sakabula” vanaf haar kortspeelplaat, geskryf deur Ronel Holtzhausen en getoonset deur Pauline Matthews gaan oor ‘n voeltjie, en die rede vir die gebruik van die sakabula voeltjie is omdat die naam ‘Sakabula’  uit die Afrikaanse kultuur kom. Sommige ken die Sakabula as die ‘donker ding’ uit die nag wat jou gaan vang en waarmee ouers hulle kinders bang gemaak het. Die skrywer wou dit vermeng met die taal egte beskrywing van die voeltjie en wou die voeltjie se vrolikheid en lawwigheid uitwys as die ‘jaaaa ek gaan jou vang’. Ou Afrikaanse Woorde en uitdrukkings raak verlore. Saam op hierdie kortspeelplaat is daar nog twee snitte, naamlik ‘n oorspronklike engelse country liedjie, “Blue Skies” uit die pen van Leonard Schaafsma asook ook ‘n gewilde country “cover” liedjie “Have Mercy” waarvoor sy ‘n SACMAF (South Africa Country Music Association Foundation) toekenning ontang as die beste country “cover” liedjie van die jaar.

Sy was ook ‘n besoeker Holland vir ‘n Somertoer, op uitnodiging van Hosa Radio wat ‘n hoogtepunt is in haar loopbaan. As Country Sangeres neem sy die albums “No Wat Never”  asook “Ek Kan Nie Sonder Jou Nie” op, waarop ‘n paar gewilde en oorspronklike liedjies geskryf was deur bekende musikante soos Anton Botha, Jakes Devenroux, Cyril Swart en Tony Ridgway. Verder is sy ook te hoor op ‘n Gospel album getiteld “Getuienis Volume 2″. In 2016, verskyn die country album “Keep on Moving” , met ‘n paar gesogte liedjies geskryf deur die sanger en liedjieskrywer Leonard Schaafsma. “n Video Clip van die liedjie ‘Black And White Rainbows” geskryf deur Rudi Prinsloo en Ronel Holtzhauzen behaal spoedig 17 000 kykers.

Vroeg in 2022 word Suzette ook genader om deel te wees van die gewilde SA Country Divas wat bestaan uit 5 lede en wat ook ‘n SACMAF toekenning ontvang het as beste vroue groep van die jaar. Suzette het ook oor die jare ingetree as een van die Humble Hearts sangers onder leiding van Lientjie Bayman van die Rodeo Girls wat geld insamel vir behoeftiges.

Suzette se veelsydigheid is ideal vir die mark wat sy betree en met reg die perfekte kunstenaar vir bykans enige geleentheid.  

Die EP Album is die 21 November beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.

Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.ampl.ink/SuzetteSJ

VOLG SUZETTE OP:

Facebook https://www.facebook.com/suzetteartist

Instagram – https://www.instagram.com/suzette_jacobs

YouTube – https://www.youtube.com/@suzettejacobs

One thought on “Suzette Jacobs stel haar heel eerste kortspeelplaat vry

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *