STEPHAN VISAGIE – AMPER DAAR

Die talentvolle diepstem-kunstenaar, Stephan Visagie, het onlangs laat glip dat hy volstoom besig is om aan nuwe materiaal te werk. Sy nuutste enkelsnit AMPER DAAR, is ‘n voorsmakie van hierdie vars klank en bring inspirasie, hoop en liefde.

Amper daar sal my altyd herinner aan my pa en vriende wat ek verloor het.” Sê Stephan oor die lied wat hy geskryf het net voor sy pa oorlede is. “Dis ‘n lied van hoop en geloof. Maak nie saak wat die uiteinde van ‘n situasie is nie, ‘n mens is sterker as wat jy dink…” vertel hy. Aanhangers kan uitsien na ‘n vars klank, omdat hy meeste van sy loopbaan aan Country musiek toegewy het. Met “amper daar” het dié genre verskuif… “Die briljante Tertius Human het die lied se vervaardiging hanteer en ons het daaraan bly verander tot die eindproduk iets van ‘n 80’s klank opgelewer het” meen hy.

Hy vertel hartlik dat die skryfproses ‘n manier was om sy emosies te verwoord, terwyl dit steeds vir almal wat daarna luister ‘n belangrike les leer: “Jy is eers verlore as jy nie meer hoop in jouself het nie.” meen hy.

Met sy laaste vol-album, RONDLOPER, wat in 2016 uitgegee is, spog Visagie dat aanhangers binnekort na nog ‘n album sal kan uitsien, maar tot dan is ons “AMPER DAAR”.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *