Newcastle…Is julle gereed? Een Week Oor!!!

Die heel eerste Spring Splash Music Festival is gereed om Newcastle se inwoners en die gaste vanaf onderliggende dorpe en stede te betower.

Ontmoet die span agter die jaar se heel eerste Spring Splash Music Festival.

Van Suid Afrika se beste kunstenaars gaan op die verhoog wees op Vrydag, 28 Oktober en Saterdag 29 Oktober.  Vrydag aand gaan daar ook ‘n lekker partytjie wees vir die jonges en slaapplek is gereed as jy jou tent wil opslaan en kamp. 

Spoegwolf is natuurlik die hoogtepunt van die fees.  Hulle het onlangs oor die 9000 bewonderaars gehad by een van hulle vertonings in Alberton.  Verbeel jouself 9000 mense sing saam op die lirieke van Spoegwolf se musiek.  Onvergeetlik !  Nou is dit Newcastle se beurt.

Galore SA gaan ook teenwoordig wees Saterdag en ons gaan paar van julle op kamera vang en orals op sosiale media sit. So maak gereed vir dit.

Kaartjies is beskikbaar, maar verkoop vinnig.  So moenie te laat wees nie, kry dit nog terwyl jy kan.

Met Posduif wat Vrydag aand gaan optree, kan julle ‘n fantastiese aand verwag. 

Ander kunstenaars wat die verhoog gaan laat bewe is MarulaBoom, Carma, Harry Broersma, Jaryd Smith en nog meer.

Die program vir die twee dae se shows is ook offisieel beskikbaar.

Maak seker jy pak sonbrand olie in en op die dag drink baie water.  Daar is ook ‘n verrassing of twee wat kom, so dis dalk ‘n goeie idee as jy ‘n Lilo inpak vir die dag.

Die biertent gaan gons oor die twee dae.  Geen onder 18’s in die biertent toegelaat nie en geen “coolerboxes” mag saamgebring word nie.  So bring ‘n geldjie en jou bank kaart…Jy gaan dit nodig he.

Daar gaan ook ‘n shuttle service wees vanaf die Newcastle Skougronde na Blue Ridge toe en ook weer vanaf Blue Ridge na die Skougronde toe.

Vir verdere inligting, epos asseblief info@winterfees.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *