Die Spring Splash Music Festival in Newcastle, 28 & 29 Oktober – Wees gereed to be blown away !

Newcastle, klein dorpie in KZN. So 3 ure se ry vanaf Johannesburg en van daar af weer so 3 ure se ry na Durban toe. Perfek in die middle gelee, vir ‘n oornag. Menigte besigheids sentrums, skole, ‘n Casino, verskeie restaurante en nog baie meer, maak Newcastle ‘n lekker dorpie om in te bly.
Wat die dorpie nog beter maak, is dat die sakekamer gaan regtig uit hulle pad uit elke liewe jaar om genot na die dorpie te bring en die Winterfees was gebore baie baie jare terug.
Spesiale noeming aan die volgende individue wat letterlik 24 uur ‘n dag werk om die event vir julle te bring :
Armand Botha – Projek Leier
Kevin White – Terrein en Logistiek
Marius Pretorius – Toegangs Beheer
Angelique van Vuuren – Arena en Bemarking
Aletta Botha – Bier Tuin
Lettie Annandale en Morne Mouton – Admin en Finansies
Louis Venter – HR
Ek onthou toe ek ‘n kind was, het ons altyd by my ouma en oupa se huis gestaan in 2 FW Beyerslaan, en ons kon nie wag om die majesteuse vuurwerk vertoning te kyk nie. Soos mens ouer word, het ons die musiek begin geniet en toe ek my eerste salaris tjek trek, toe was ek heel voor in die ry om my heel eerste Winterfees by te woon. As ek reg kan onthou, was dit altyd die Newcastle Skou genoem en toe was dit herdoop na Newcastle Winter Fees toe. Definitief ‘n groot hoogtepunt in Newcastle elke jaar gedurende die yskoue winter maande. Wees net gereed, as jy die ooit gaan bywoon, trek warm aan !
Die jaar toe word ons genader as Galore SA om deel te wees van die media bemarkings span vir die Spring Splash Music Festival. Ek het dadelik gespring om te kyk waaroor dit gaan…Newcastle ? No ways ! Tot my uiterste verbasing het ek my navorsing afgesluit. Newcastle bied nou ‘n derde fees aan elke jaar, en 2022 is die eerste jaar wat hulle dit gaan doen. Ek het regtig hoendervleis gekry en daardie gevoel van…Newcastle, my tuisdorp ! Na al die administratiewe funksies was ons ingelig dat die kommittee het ons gekies as hulle media span en ek kon nie wag om aan die werk te spring nie.
Newcastle bied met trots aan, die Spring Splash Music Festival.
Nou die gaan nie net nog ‘n fees wees nie, maar ‘n viering van Suid Afrikaanse musiek en saam met dit ‘n viering van Newcastle en hulle mense. Die Winterfees span het weereens uit hulle pad uitgegaan en die fees, in my mening, is die fees wat al die feeste gaan oortroon. Dis warm, daar is van die beste musiek en dan word alles getop met stalletjies om van te kies en te keur. Lekker kos, goeie kuns en kunsvlyt stalletjies en moet nie vergeet van die biertent nie !
Julle, ons sien so uit na die fees. Of kan ons se….die opskop !
Vrydag middag maak die hekke 3 uur oop. Ja ja, ons almal werk nog. So maak seker jy vra jou baas om asseblief twee ure voor die tyd te waai, en wees drie uur daar. As jy nie jou kaartjies voor die tyd kan koop nie, wees maar gereed om in ten minste ‘n kilometer ry te staan…So, basies, koop jou tickets nou.
Vrydag kan julle uitsien na Carma, Maroelaboom, Jaryd Smith, DJ Nick….
En dan natuurlik die massiewe Posduif op die verhoog. Ek het Posduif persoonlik ontmoet so paar jaar terug hier in Pretoria by een van hulle CD vrystellings. Daardie ouens mag maar ! Ek dink hulle het by Weiveld opgetree. Sold out event !
Saterdag oggend, al wat ons kan se is, wees vroeg daar. Saterdag gaan een vir die boeke wees. Dis ‘n hele dag affere. Net wanneer jy dink jy is nou moeg en jy gaan nou huis toe, dan gaan die volgende amazing kunstenaar weer op die verhoog wees. Dit gaan letterlik ‘n maraton van uitmuntende entertainment wees wat Newcastle nog nooit gesien het. Bring daardie sonbrand olie saam, drink baie water en Just Be ! Ek dink na al die COVID gemors wat ons almal moes beleef het, het ons te begin inkruip in ons huise en betaalde tv kanale, dat ons nie meer weet wat dit is om ope lug, lig en vars asem te geniet nie.
Saterdag is die die beurt van Reuben Claassen, Harry Broersma, Maroelaboom, Carma en natuurlik Spoegwolf! More announcements to come met nog meer sangers !!
Newcastle, DIS TYD !
En dan twee massive events direk na mekaar….
Spoegwolf vat Newcastle oor. Met honderde duisende aanhangers reg oor SA, is Spoegwolf by verre een van die mees bekende bands. Danie, die hoofsanger, se emosiele konneksies met elke liedjie, is out of this world.
En dan daarna….wees gereed vir een Epiese After Party !!!! Meer as dit mag ons nog nie se nie.
Galore SA gaan Vrydag aand deurry Newcastle toe vanaf Johannesburg, en ons gaan een van die eerstes wees wat deur die hekke gaan wees Saterdag oggend. Ons wil julle sien Newcastle ! Ons gaan fotos neem, dit orals post op sosiale media. Ons gaan videos van julle neem en dit orals sit ! Julle gaan vir ons Joburgers moet wys wat dit is om regtig te kan party.
Volg ons in die interim op Facebook, Twitter, Instagram, Tik Tok en You Tube op GaloreSA.
Ons webtuiste is www.galoresa.online en enige navrae, epos ons by info@galoresa.online of whatsapp ons op 063-082 8009. Julle kan ook ons kantoorlyn skakel gedurende werksure op 087-265 5130.
Julle wonder seker…waar op die aarde kry julle kaartjies ?
Kaartjies is beskikbaar by die Winterfees kantoor op die skou gronde of by Majuba Glas Newcastle. Julle kan ook vir Angie van Vuuren gaan sien by MMG Ford Newcastle.
EFT details vir kaartjies :
Newcastle Winter Festival, ABSA Bank, Account Number 1090157422.
E-Pos info@winterfees.co.za

As jy flippen lekker kos kan maak en jy het al die nodige regulasie vereistes om kos te kan verkoop, dan e-pos info@winterfees.co.za en boek jou stalletjie se spasie.

As jy cool goedjies kan maak vanaf ouma se ou toilet rol covers na vuurpyle wat maan toe kan skiet, daar is nog spasie oop vir jou ook. E-pos info@winterfees.co.za
Newcastle, kom nou, moet ons nie disappoint nie. Onthou, dit wat hier gedoen word, word gedoen vir julle ! Die amazingste inwoners van die dorp.
En die beste van alles is dat die span agter die Fees, gaan vir julle kamp terrein oopmaak waar julle ‘n tent kan opslaan en sommer oorslaap.
Maar die call is ook vir die hele KZN. En Gauteng ook. Julle is almal so naby. Maak ‘n naweek hiervan. Boek in by ‘n B&B of ‘n hotel en support die dorp.
Enige hotelle of B&B’s wat spesiale pakkette mag aanbied gedurende die naweek, laat ons weet op info@galoresa.online en laat ons kyk hoe kan ons julle help om dit te adverteer.
Sien julle daar !