Dwayne Griffin neem mense uit realiteit met sy Splinternuwe Enkelsnit

Galore SA/ September 22, 2022/ ENTERTAINMENT, LATEST NEWS/ 0 comments

Met die suksesvolle vrystelling van sy eerste twee enkelsnitte, Soos Die Seisoene & Het Jy Geweet het Dwayne Griffin reeds diep in Afrikaanse musiek harte kom kruip, en nou is hierdie twintig jarige jong man van Krugersdorp gereed om gehore die wereld se realiteit te laat ontsnap met sy derde solo enkelsnit, Stilbaai se Strand.

Die liedjie kan beskryf word as ‘n Afrikaanse kontemporêre enkelsnit wat luisteraars uit die realiteit neem en laat ontsnap na hulle eie “fantasie-wêreld” of “gelukkige plek”, maar dat altyd net besef moet word dis net ‘n tree weg van die werklike realiteit waarin hul leef en kan net vir ‘n kort rukkie ontspan.

“Hierdie liedjie is geinspireer deur ‘n lewensverhaal wat ek gehoor het van ‘n familielid wat elke Desember vir 20 jaar lank in Stilbaai gaan vakansie gehou het, tot dat haar pa 4 jaar gelede, oorlede is, en verlede jaar het sy gegaan om afskeid te neem van stilbaai, maar al haar herinneringe wat hulle gedeel het sal vir altyd by haar wees. Dus praat ek van “Ek is nog nie reg om Stilbaai se Strand te groet” in my liedjie, net om te sê jy kan dit ontsnap, maar jy kan nie daarvan weghardloop nie.”

Alhoewel, hy sing van “Ek”, was Dwayne nog nooit self in Stilbaai gewees nie, maar volgens hom, gaan die publiek beslis aanklank vind by die snit, omdat almal hulle eie “fantasie wêreld” of “gelukkige plek” het om na toe te ontsnap, al is dit “in die bosveld, by die see, kamp & visvang of net ‘n tydtjie te neem vir jouself. “Die doel van die liedjie is om unieke betekenis te hê vir elkeen wat daarna luister, sodat hulle met die boodskap kan vereenselwig.”

Hy is nou maar net twee jaar amptelik in die musiekbedryf doenig, maar hy is beslis nie ’n groentjie wanneer dit by musiek kom nie en het al op die ouderdom van twaalf ernstig begin raak oor musiek. Hy het op hoërskool in die koor gesing en gereeld deelgeneem aan verskeie musiekkompetisies en -konserte waarin hy goed presteer het. Hy was ook mede-skrywer van die Staan Sterk in Afrikaans Konsert, wat deur onafhanklike kunstenaars op die been gebring is, se temalied.

Dwayne geniet en sing ’n wye verskeidenheid genres, wat wissel van Country en Rock tot Afrikaans en Pop en sal graag nog eendag saam met Ruhan du Toit en Riana Nel wou werk. Omdat hy baie kreatief is, hou hy ook daarvan om homself deur middel van verskillende mediums uit te druk. Daarom doen hy grafiese ontwerpe in sy vrye tyd wanneer hy nie op die verhoog is nie.

Tans is hy en sy span hard besig om aan sy eerste album te werk, wat hy graag volgende jaar sal wil vrystel. “Dit gaan oorspronklike musiek, asook my weergawes van bekende liedjies, bevat sodat die luisteraars my, as kunstenaar, beter kan leer ken.”

Oor die afgelope twee jaar, het die musiekbedryf hom geleer om gemaklik te wees in sy eie vel en op die verhoog.

Hy was nog altyd vasberade om sy musiek op die radio te hoor en voel bevoorreg om reeds sy derde enkelsnit onder die knie te hê.

Daar is nog baie wat hy in die toekoms wil bereik en met ’n liedjie soos Stilbaai Se Strand, is hy beslis op die regte pad om ’n groot sukses van sy musiek loopbaan te maak.

Die enkelsnit is nou beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.

Laai dit gerus hier af: https://dwaynegriffin.ampl.ink/StilbaaiSeStrand

VOLG HOM OP:

Facebook – https://www.facebook.com/dwaynegriffin.official

Instagram – https://www.instagram.com/dwaynegriffin.official

YouTube – https://www.youtube.com/channel/UCJa8mrcOd2buV-qIorePcyA

TikTok – https://www.tiktok.com/@dwayneg1901

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*
*