ELSJÉ SE EERSTE ENKEL SNIT SAL JOU VOETE LAAT JEUK

Nuweling Elsjé se heel eersteenkelsnit, 21 VirAltyd, is nou digitaal beskikbaar.

Dis ‘n lekker energieke pop liedjie met sterk elektroniese elemente en sal jou sommer vinnig aan die danskry. 21 VirAltyd is uit die pen van bekroonde liedjieskrywer, Pierre Rossouw en vervaardig deur Hugo Ludik van Muse Studios en ook lid van die popgroep, Adam.

Afrikaans is nie iets wat Elsjé sommer sing nie en 21 VirAltyd was beslis buite haar gemaksone en het haar uitgedaag, maar die finale produk spreek vanself. Die oorsprong van die liedjie was by haar Ouma se 91ste verjaardag waar sy teruggedink het na haar eie 21ste verjaardag.

“Die liedjie gaan oor die goeie ou dae. My Ouma dink terug aan haar jonger dae wat soveel mooi herinneringe inhou,” vertel sy. Haar doel was om‘n lekker positiewe aanslag met haar eerste enkelsnit te vat veral na die laaste twee jaar wat almal wêreldwyd deur beproewende tye gegaan het en sommige steeds doen.“Leef elke dag voluit, wees jouself en moenie verskoning vra vir wie en wat jy is nie,” voeg Elsjé by.“Tyd gaan so vinnig verby so leef elke oomblik ten volle en maak soveel memories as moontlik, want jou tyd is nou.”

Die lirieke verwys ook na die jeugdigheid wat in elk van ons bly al word mens ouer. Die musiek video van 21 VirAltyd word ook binnekort vrygestel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *