Eksklusief – Joshua na die Reen stel twee pragtige enkelsnitte se omslae vry.

Galore SA/ ENTERTAINMENT, LATEST NEWS/ 0 comments

Die multi-bekroonde musikant, Joshua na die Reën, stel binnekort twee pragtige enkelsnitte vir die eerste keer na radio vry en sal ook op Maandag 23 Mei vir die heel eerste keer een van hierdie twee liedjies lewendig op TV doen op Die Groot Ontbyt (kykNET).  Die kunstenaar het pas twee Afri-Indie musiektoekennings (Beste Manlike Kunstenaar en Beste Afrikaanse Liedjieskrywer) gewen en verstaan presies hoe om musiek met harte te laat praat.

Met die vrystelling van sy twee nuutste enkelsnitte, WANDEL en VLIEËRS, verower hy nie net opnuut die harte van sy bewonderaars met sy sielvolle lirieke nie, maar bewys hy ook dat sy werk net beter word met tyd.

Hierdie twee mooi liedjies word ook komplimenteer deur pragtige enkelsnit-omslae, wat Galore SA vandag eksklusief bekendstel!  


Wat hou die toekoms in vir JNDR?
Ek het geleer met lockdown om te lewe in die oomblik, maar ek werk tans aan my nuwe album, waaroor ek baie opgewonde is!

Sou jy ooit iets anders as musiek wou doen?

As ek regtig iets anders as musiek moes kies, sou dit iets te doen he met die natuur of toerisme.

Waar kan mense jou toer program volg?
Op my webtuiste, www.jndr.co.za en ook op Facebook, https://www.facebook.com/JoshuaNaDieReen


Joshua na die Reën het ‘n lekker Huiskonsert roete vir Julie met enkele datums steeds beskikbaar. Gaan loer gerus op sy amptelike blad vir meer inligting en hoe JNDR by jou huis ‘n intieme konsert kan kom hou!

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*
*