
Afrikaanse kunstenaar Daniel Hoffmann is trots om sy splinternuwe enkelsnit “Doringdraad Daisies” bekend te stel – ’n lied met ’n sterk emosionele kern en ’n boodskap van hoop, perspektief en menslike verbondenheid.
Die titel “Doringdraad Daisies” simboliseer die kontras tussen sagtheid en seer.
Dit herinner luisteraars daaraan dat, maak nie saak hoe swaar omstandighede raak nie, daar altyd iets moois is om raak te sien – en dikwels ook iemand wat ’n moeilike pad ligter maak.
Die lied vertel die storie van iemand wat die positiewe kan raak sien selfs in moeilike situasies, en beklemtoon hoe ’n spesiale persoon in ’n mens se lewe omstandighede beter kan laat voel.
Met ’n sterk Afrikaanse gevoel en toeganklike energie is dit ’n snit waarmee baie mense sal kan identifiseer.
Die lied is geskryf deur Fran Prins en vervaardig deur Eugene Nel van Eulen Records.
Volgens Hoffmann dra die lied ’n besondere betekenis vir hom:
“Die liedjie beteken baie vir my omdat dit ’n storie en gevoel dra waarmee ek myself kan vereenselwig. Dis eerlik, emosioneel en ek glo mense sal hulself ook daarin kan raak hoor.”
Hy glo ook dat die publiek die snit positief gaan ontvang:
“Die liedjie het ’n sterk Afrikaanse gevoel, ’n lekker energie en iets waarmee mense kan identifiseer. Ek hoop dit laat mense saam sing, dans en die storie geniet.”
“Doringdraad Daisies” is Hoffmann se sesde enkelsnit, en volg op vorige vrystellings wat sterk ondersteuning van radio en die publiek ontvang het, met verskeie Top 20-plasings tot en met ’n #1-posisie.
Hierdie sukses het hom verder gemotiveer om nuwe musiek te skep en met sy luisteraars te deel.
Sedert sy vorige vrystelling was Hoffmann besig in die ateljee met nuwe materiaal, optredes regoor die land en die verdere ontwikkeling van sy musiekloopbaan.
Sy planne vir die res van die jaar en 2026 sluit in nóg nuwe vrystellings, meer optredes en om sy musiek aan ’n groter gehoor bekend te stel.
“Ek hoop mense geniet die nuwe enkelsnit net soveel soos wat ek dit geniet het om dit te maak”.
Baie dankie aan almal wat my musiek ondersteun – dit beteken ongelooflik baie vir my.
Dis net die begin.”
Buite musiek geniet Hoffmann dit om tyd saam met familie en vriende deur te bring, asook om aan ander projekte en belangstellings te werk.
“Doringdraad Daisies” is binnekort beskikbaar op alle digitale platforms: Kry dit hier: https://ffm.to/daniel-hoffmann-doringdraad-daisies
“Doringdraad Dasies” se musiekvideo is beskikbaar 15 Mei: Kry dit hier: https://www.youtube.com/watch?v=Qv5rsrIT4Rw
Laai die hoë resolusie musiekvideo hier af: Kry dit hier: https://lbvideography.wetransfer.com/downloads/5228dea7ffc9004b890326a68cac218220260513104904/bf4caf4e927c0e3728eb4779c94df00b20260513133535/648298
Laai die hoë gehalte liedjie hier af. Kry dit hier: https://drive.google.com/drive/folders/1a3SN4KZFfp0D_nkuWuptriRXhspftdQN?usp=sharing
Daniel Hoffmann “Doringdraad Daisies” ISRC KODE: ISRC: ZATGM2600021
Skrywer: Fran Prins
Verwerker: Eugene Nel / Eulen Records
VOLG DANIEL OP SOSIALE MEDIA
Facebook: https://www.facebook.com/daniel.hoffmann.twee
Instagram: @danielhoffmannsanger
TikTok: @danielhoffmantwe YouTube: https://www.youtube.com/@Daniel198725


