Na die sukses van sy treffer enkelsnitte soos “Met Jou Klere Af” en “Dans Saam My”, is die gewilde sanger en liedjieskrywer Armand Joubert terug met ‘n splinternuwe treffer. Op 30 Augustus het Armand sy jongste enkelsnit, “Hande Op My Lyf”, vrygestel, wat reeds ‘n sensasie op TikTok veroorsaak het.
Armand Joubert het onlangs drie toekennings ontvang by die Afri-Indie toekennings op 7 Augustus vir Beste Pop Enkelsnit van die jaar (“Met Jou Klere Af”), Beste EDM Enkelsnit van die jaar (“Dans Saam My” met Kevboii) en Beste Live Optrede deur ‘n Manlike Kunstenaar. Hierdie prestasies het sy posisie as een van die voorste stemme in die Afrikaanse musiekbedryf bevestig.
“Hande Op My Lyf” bring ‘n vars klank na die musiekscene en vertoon die innoverende aard van Armand Joubert as kunstenaar. Die enkelsnit het reeds groot opwinding veroorsaak op TikTok en is ‘n bewys van Armand se vermoë om nuwe genres soos Hyperpop in die Afrikaanse musieklandskap te bring. Die produksie is van top gehalte en beloof om luisteraars aan te spoor om elke oomblik te geniet.
In ‘n verklaring het Armand gesê, “Hande Op My Lyf is vir almal wat van ‘Met Jou Klere Af’ gehou het, maar tog bied die lied iets nuuts en verfrissends vir die Afrikaanse gehoor. Ek wou ‘n lied skep wat mense goed laat voel oor jouself en wat jou net ‘n goeie tyd laat hê en ek het die voorreg gehad om saam met die ongelooflike liedtjie skrywer Adolf Vorster die liedjie geskryf. Ek dink ons het magic gemaak”
Hande Op My Lyf het n groot debuut gemaak op die Afrikaans Itunes download chart.
Hy het Vrydag oggend 30 Augustus op nommer 2 ge-chart op die Top 200. Armand se ondersteuners het ook al meer as 800 videos gemaak op die lied met die gewilde dansie van Hande Op My Lyf en Armand maak groot golwe op Spotify en Apple Music se speellyste. Hierdie vrystelling is inderdaad n treffer.
Armand Joubert se “Hande Op My Lyf” is nou beskikbaar op alle groot musiekplatforms.