JENNIFER ZAMUDIO – “Jy is die son”

“Jy is die son is nog ’n besondere lied uit Rudi Claase se pen. Sy vermoë om emosie, hoop en waarheid in woorde vas te vang, bly vir my iets besonders. Met hierdie lied het hy ’n boodskap van uithou, aanhou en moed-hou geskryf — ’n herinnering dat selfs in die donkerste tye daar altyd lig is om na op te kyk.


Christie Schutte se kragtige en sensitiewe verwerking bring die lirieke perfek tot lewe en gee aan die lied die ruimte om asem te haal én te groei. As ’n kragtige ballade dra “Jy is die son” my stem met intensiteit en gevoel, en laat dit toe dat beide die diepte en die krag van die lied ten volle na vore kom.


Dit was ’n voorreg om hierdie lied op te neem, en ek voel opreg opgewonde om dit met die wêreld te deel. “Jy is die son” is vir my ’n lied van hoop — ’n stem wat sê: hou aan, jy is nie alleen nie. Hoekom bang wees vir die donker…JY is die son – JY is die lig! Ek glo hierdie lied gaan lig bring waar dit nodig is en harte diep raak.”