Anzelle is terug met haar nuwe enkelsnit.

Anzelle is seker een van die mees belowende jong opkomende kunstenaars in ons land. Al is sy net 20 jaar oud het sy dit alreeds reg gekry om ‘n groot impak op mense te maak met haar buitengewone sangtalent.

Na die sukses van haar debuut enkelsnit, Klein Botteltjie Groot Gif en haar tweede enkelsnit, Lawaaiwater, is sy terug met ‘n nuwe liedjie Slegte Invloed en dit gaan julle voete behoorlike laat jeuk.

Baie van ons was al vasgevang in ‘n verhouding wat jy weet nie goed is vir jou nie. Slegte Invloed gaan oor ‘n meisie wat so verlief is op hierdie ou en hy op haar maar hy doen al die verkeerde dinge wat teen haar beginsels is en sy weet hy is ‘n slegte invloed maar sy kan nie ophou terug gaan na hom toe nie.

Slegte Invloed is geskryf deur twee talentvolle skrywers wat geen bekendstelling meer nodig het nie. Hugo Ludik en Nick Jordaan van Muse Studios het weer “magic” gemaak net soos hulle kan.

Dit was vir ons ‘n groot voorreg om met hierdie klein botteltjie groot gif te kon werk. Anzélle is ongelooflik talentvol, met internasionale eienskappe en kwaliteite aan haar stem, het ons met die rigting van die liedjie besluit om ‘n bietjie van ‘n internasionale baadjie aan te trek, maar dit nogsteeds ‘n lekker sokkie “vibe” te gee, sodat die Afrikaners se voete kan jeuk – Vertel Hugo

Anzelle het die mikrofoon gevat en die liedjie heeltemal haar eie gemaak. Sy bring soveel energie en persoonlikheid na die lied. Haar stem pas perfek by die opgewekte vibe, wat die lied nie net aansteeklik nie, maar oorweldigend maak. Sy is ‘n totale vuurpyl, en haar talent as ‘n sanger skitter. – Vertel Nick

Slegte Invloed is die klankbaan vir daardie oomblikke wanneer jy net nie die aantrekkingskrag van ‘n liefde wat ‘n bietjie, wel, ingewikkeld is, kan weerstaan nie.

Luister liedjie hier – https://Anzelle.lnk.to/SlegteInvloed

Anzelle is gebore om op die verhoog te wees. Die toekoms lyk blink vir ‘n buitengewone kunstenaar soos sy en ons kan nie wag om te sien wat die res van haar toekoms vir ons inhou nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *