ANGIE OEH is nie een vir op haar hande sit nie. Terwyl sy in die proses is om haar tweede kortalbum getiteld Mooiste Meisies uit te rol, het sy die musiekvideo vir “Altyd op my vibe” gekonseptualiseer plus die regie daarvan behartig saam met Geoff Hookins en Valkie Van Coke, haar bestuurder. “Altyd op my vibe” is vanaf haar debuut kortalbum, Sex in Afrikaans, en word tans die tweede meeste op hierdie kortalbum gestroom.
KYK “ALTYD OP MY VIBE”:
“Baie mense vertel my dat ‘Altyd op my vibe’ een van hulle favourite songs is, so ons het besluit om daarvoor ‘n musiekvideo te maak. Die video gaan oor ek en twee cherries wat op ons eie leef in die natuur. Die musiekvideo is beautiful. Dis geshoot in die Kaap op die perfekte tyd, met blomme oral. Picnic scenes met Jägermeister en vrugte, want dis altyd ‘n vibe. Houtkap en marshmallows by die vuur. Ek dink die video doen die song justice,” vertel Angie.
“Omdat ek wil” – die derde vrystelling vanaf die kortalbum, Mooiste Meisies
Angie is besig om elke tweede week ‘n splinternuwe enkelsnit vry te stel wat opbou na die vrystelling van haar 5-snit kortalbum getiteld Mooiste Meisies. “Omdat ek wil” is tans uit.
LUISTER NA “OMDAT EK WIL”: https://ffm.to/omdatekwil
“OMDAT EK WIL is ‘n sadder song. Low-key showcase ek my gevoelens en praat ek meer oor myself. Ons kan onmoontlik nie altyd okay wees nie. Maar dis okay,” sê Angie.
“Baie dankie aan Jägermeister wat my en ‘Altyd op my vibe’ se musiekvideo support.” Angie oeh