TONG IN DIE QUICHE

Vanuit sy Sinkhuis in Cullinan kook, sing, bak en brou die geliefde televisiepersoonlikheid Willie Strauss dat die bakpoeier trek. Hy is gebore op die plaas Vyfbeker in die Kenhardt distrik, Noord-Kaap. Hy het sy Nasionale Diploma in Uitvoerende kuns by TUT behaal.


Wanneer ‘n mens woorde soos sanger, koskenner, akteur, liedjieskrywer, sinkstoor, langtafel en myndorp bymekaar gooi is die antwoord Willie Strauss. Tong in die quiche is die gesoute vermaaklikheidskunstenaar se nuutste produksie.
Fiesta, Bravo, Erfkos, Glitterati, Geraas en meer onlangs Boere-Diva en DeKat TV is van die programme waarop hy al ‘n gas was. Hy was die mede aanbieder van Kos is oppie Tafel op ASTV.


Willie Strauss is wel meer bekend vir sy kuiers op RSG, eers saam met Amore Bekker en nou Eloise Cupido, elke tweede Maandag oggend. Hier kleur hy elke luisteraar se wêreld in met kos en sorg ook dalk jy lekker lag.
“Om kos te maak is vir my soos om ‘n brief te lees van iemand wat jy lanklaas van gehoor het. Die opwinding van die wit Croxley-koevert in jou hand is die nuwe resep wat jy eenvoudig net moet toets; die lees van die brief van die wit lyntjiespapier is die voorbereiding van die kos.”


Saterdae om 07:45 kuier Willie met Jacques Botes op Pretoria FM en kykers van DIE GROOT ONTBYT sal teen die tyd Willie as gas-kos-aanbieder leer ken het.
Tong in die quiche is radiopersoonlikheid, kabaretkunstenaar en tuiskok Willie Strauss se nuutste produksie. Willie se stem is herkenbaar oor die land heen en met sy aansteeklike lag vermaak hy gehore met sy Noord-Kaapse aksent. Tong in die quiche is stories, musiek en kosverhale in eg Willie Strauss-styl – vol kleur en geur met ’n knippie nostalgie en ’n maatbeker vol lag. Die vertoning is ± 60min lank en word aangebied saam met sy begeleier Henry-John Williams op klavier. Hy sing van sy eie liedjies (wat al nommer-een posisisies behaal het op radio), vertel en lees stories voor en deel ‘n wonderlike resep of twee om self by die huis te beproef en jou geliefdes te bederf.


Tong in die quiche was te sien by KKNK 2026.


Willie se tweede resepteboek: SINKHUISRESEPTE het in 2025 op die rakke verskyn en word uit gegee deur Penguin Random House / LAPA uitgewers.


Willie sing oor kos – kook oor die liefde – lag oor die mensdom en vertel oor die lewe, net soos hy kan