
Weeklikse Kookklasse vir Kinders in Centurion!
Met groot opgewondenheid verwelkom ons ’n nuwe jaar by Jan se Kombuis Kookskool! Vir die afgelope 5 jaar is ons kombuis ’n plek waar kinders nie net leer kook nie, maar ook selfvertroue, dissipline en ’n liefde vir kos ontwikkel. Met registrasies vir 2026 nou oop, nooi ons jou uit om saam met ons ’n jaar vol leer, pret en kreatiwiteit in die kombuis te begin – waar elke klein sjef trots kan wees op wat hulle self maak.
SKRYF U KIND IN VIR ‘N JAAR VOL KOMBUIS-PRET!

By Jan se Kombuis Kookskool bied ons weeklikse kookklasse vir kinders van Graad 1 tot 9 aan, waar hulle in ’n veilige, gestruktureerde en prettige omgewing leer kook. Elke klas duur ongeveer 60 minute en fokus op basiese kookvaardighede, kombuisdissipline, gesonde eetgewoontes en spanwerk. Alle bestanddele en gereedskap word voorsien, en elke leerder ontvang ’n voorskoot om hul kookavontuur te begin.

🍳 By Jan se Kombuis Kookskool bied ons:
• Weeklikse kookklasse (±60 min) vir Graad 1 – 9
• Klasse beskikbaar Dinsdae tot Vrydae
• Alle bestanddele & gereedskap ingesluit
• Elke leerder ontvang ’n voorskoot
• Groot projekte soos Restaurant-dinees
• Deelname aan ons jaarlikse Jan se Kombuis Kookboek
📍 Waar word die klasse aangebied?
• Die Kelder @ Die Centurion Teater
• 123 Amkorstraat, Lyttelton Manor, Centurion • Veilige, toegeruste professionele kombuis
OPEDAG: HIERDIE SATERDAG, 24 JANUARIE!
Kom kuier saam by ons Opedag op Saterdag, 24 Januarie 2026 van 10h00 – 12h00, en beleef ons kookskool eerstehands. Kinders kan ’n cupcake versier, ouers kan meer uitvind oor ons klasse en inskrywings vir 2026, en julle kry die geleentheid om Sjef Jan te ontmoet.




