www.jenniferzamudio.co.za

2025 is vir die bekroonde sangeres Jennifer Zamudio ‘n betekenisvolle jaar om verskeie redes. Nie net
vier sy haar 25-jaar as professionale kunstenaar in die Afrikaanse musiekbedryf nie, maar sy stel ook haar
15de vollengte album vry. In haar 25 jaar as professionele kunstenaar is sy al talle kere beloon met
verskeie nasionale Musiektoekennings.
As ‘n sukselvolle onafhanklike Kunstenaar in ‘n bedryf wat so vinnig gegroei het en veral met digitale
musiekplatforms wat aan die orde van die dag is, het Jennifer dit reggekry om in voeling te bly met
tegnologie. Haar nuutste album Enigste sal vanaf 18 Julie 2025 beskikbaar wees op die amptelike
stroomingplatforms asook op “USB”.
Die album Enigste bevat elf stewige snitte met ‘n goeie balans wat strek oor genres van pop en
kontemporêr en sal beslis aanklank vind by ‘n wye gehoor van oud tot jonk.
Jennifer verras op die album met haar verskuilde talent as liedjieskrywer vir drie van die snitte, ‘Nog altyd
jy’, ‘Hele hart’ en ‘Ewig myne’.
Die gelyknamige titelsnit ‘Enigste’ is spesiaal vir die album geskryf deur Tertius BC Pretorius wat ook twee
van haar grootste treffers ‘Altyd myne’ en ‘Dalk’ geskryf het. Tertius ken Jennifer so goed en hy weet
presies watter tipe lied by haar unieke stem sal pas.
Rudi Claase het ook weereens verras met ‘n lied vir die album ‘Die foto’. Die lirieke van ‘Die foto’ plaas
klem op hoe ons moet lewe in die hier en nou. Oomblikke in ons harte moet vasvang en die lewe moet
vier. Jennifer vier 25 jaar met die lirieke, “ek lig my glas, en die een is vir jou” wat gesien kan word as ‘n
dankie aan haar duisende lojale volgelinge, of beter bekend as haar “Zamjammers”.
Met die sukses van Jennifer se lied ‘Jy het my vergeet’, geskryf deur Drienie Kelly, is daar weer ‘n liedjie
van Drienie op die album ingesluit getiteld ‘In die holte van my hart’, wat beslis ook groot treffer potensiaal het.
Die album word verder afgerond met liedjies van Kabous Koegelenberg en haar eie weergawes van ‘n
paar gewilde goue oues wat nog altyd van Jennifer se persoonlike gunstelinge was; ‘All I wanna do is make love to you’, ‘I’ll be your woman’ en die Gene Rockwell treffer ‘Heart’. Hierdie liedjies is perfek gekies en komplementeer Jennifer se warm stem en laat haar gevoelvolle vertolking daarvan tot volle reg kom.
Christie Schutte (Startrax Recording studios) was aanstuur van die produksie wat hy meesterlik vervaardig
het.
Lees hier wat het Jennifer te sê oor ‘Enigste’: “Ek was nog altyd lief daarvoor om te sing oor die liefde en al die fasette daarvan. Watter beter manier om my 25 jaar te vier as met ‘n album wat deurtrek is van liefde. Ek vier die lief en leed van die hart met lirieke uit my eie pen, maar ook die van die mees ongelooflikste skrywers soos Rudi Claase, Tertius Pretorius, Drienie Kelly en Kabous Koegelenberg. Elke liriek en noot vat verskeie emosies saam tot ‘n warboel wat wissel van geluk en hartseer.
Mag jy elke dag daai “Enigste” in jou lewe koester, bewonder, beskerm, bewaar en onvoorwaardelik lief hê en nooit tyd as vanselfsprekend aanvaar nie. Christie Schutte van Startrax Studios het oudergewoonte met sy musikale interpretasie elke emosie vlerke gegee met sy verwerkings. Die eindresultaat spreek vanself!
Ek is oortuig daarvan dat daar hier ‘n daar ‘n verrassing kan uitspring met my interpretasie van gunstelinge waarmee ek groot geword het – kom ons kyk!
Daar is egter ‘n opgewondenheid wat my binneste laat blom! Dit is gewis dat daar menigte mense gaan kan identifiseer met die gevoel van die album.
Ek kan nie wag om my album “Enigste” met almal te deel nie!”
(Geskryf deur: Rindi Maritz)




