“Dopamien” – ’n lied oor die stryd en hoop om uit die donkerte te kom

Jammer, die Afrikaanse musiekprojek van Henry Wickens, bring ’n vars stem met sy nuutste enkelsnit Dopamien”. Na die sukses van sy vorige lied “Pers” brei hy sy klank uit met ’n treffende storie oor daardie oomblikke wanneer die lewe oorweldigend raak en mens na iets gryp om net vir ’n bietjie kalmte te vind.

Met lirieke soos Verslaaf aan nikotien / Jou vervang – jy was my serotonien bied “Dopamien” ’n eerlike blik op die realiteit van selfmedikasie en die gevegte wat baie mense stil-stil voer. Maar die lied is ook ’n boodskap van hoop: verslawing is nooit die antwoord nie, en daar is altyd ’n pad uit die donkerte.

Jammer het die lied geskryf in ’n tyd van refleksie – by ’n klavier met ’n glas rooi wyn, en ’n hoop eerlikheid. Hy het die hele proses self gedoen, wat ’n unieke en intense klank geskep het wat radio en luisteraars sal vang.

Jammer is ’n multi-instrumentalis en vervaardiger wat ’n belangrike nuwe stem in Afrikaanse musiek is. Sy styl kombineer moderne klanke met diep lirieke wat vandag se luisteraars raak.

Vir radiostasies en media wat ’n treffende en betekenisvolle Afrikaanse lied soek, is “Dopamien” ’n must-have.

Volg Jammer:
Instagram: https://www.instagram.com/jammer_musiek/
Facebook: https://www.facebook.com/Jammermusiek
TikTok: https://www.tiktok.com/@jammer_musiek

🎧 Luister na Dopamien – 30 Julie 2025:

https://ditto.fm/dopamien

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *