Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu

Terug op populêre aanvraag by Die Centurion Teater én feesdebuut by Aardklop 2025

Ná uitverkoopte speelvakke in Gauteng en die Wes-Kaap, keer Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu terug na Die Centurion Teater vir ’n beperkte speelvak — aangedryf deur oorweldigende versoeke van gehore wat dit gemis het of dit wéér wil sien. En, met groot trots, maak die produksie ook haar feessdebuut by Aardklop 2025, waar Ingrid Jonker se stem en storie verder sal weerklink.

“Ons is ongelooflik dankbaar vir die hartroerende terugvoer en ondersteuning van gehore oor die land heen. Dis vir ons ’n groot voorreg om hierdie produksie weer by Die Centurion Teater aan te bied, en nou Ingrid se woorde na nuwe gehoore by Aardklop te neem. Ons hoop dit sal nog vele mense raak en inspireer.” — Tiaan Kirsten-Lubbe, Mede-vervaardiger en Mede-regisseur

“Met elke vertoning voel dit asof Ingrid se stem helderder skyn, en hoe meer mense haar verhaal beleef, hoe meer dring dit tot ons deur dat hierdie storie landwyd gehoor moet word. Ons sien uit daarna om Aardklop se gehore met hierdie werk te roer.” — Lian Sachse, Mede-vervaardiger en Mede-regisseur


Wat gehore sê:

“Te diep en ongelooflik goed aangebied om sommer net ligtelik oor te skryf. Die spontane, onmiddellike staande toejuiging het alles gesê.”


“Absolutely blown away by the powerhouse performance and the masterful direction. What a privilege to witness such raw talent and storytelling.”


“Alles met deernis, pragtig, gevoelvol, outentiek en met passie.”


“Excellent production, outstanding aktrise. What is there to improve after the standing ovation?”

“Ek was absoluut oorweldig deur die krag en emosie van hierdie produksie. Dit bly by jou lank nadat jy die teater verlaat het.”

“’n Meesleurende ervaring — rou, eerlik, diep ontroerend. Dit het my met trane in my oë en ’n swaar hart laat sit, maar ook met hoop.”

“Die spontane, onmiddellike staande toejuiging het alles gesê. Beslis ’n stuk waarvoor jy tyd moet maak om te gaan kyk.”

“’n Kragtige herinnering aan Ingrid Jonker se menslikheid en genialiteit. ’n Storie wat elke Suid-Afrikaner behoort te ken.”

“Dit was briljant. ’n Produksie vol deernis, passie en rou emosie.”

“Ek het die stuk as katarsies ervaar. Jy kan nie help om saam met Ingrid te voel nie — in haar liefde, haar vreugde, haar pyn.”


Oor die produksie

Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu is ’n oorspronklike, nuwe produksie wat die intense en komplekse liefdesverhouding tussen Ingrid Jonker en André P. Brink uitbeeld, gebaseer op hul persoonlike en ongesensuurde briewe aan mekaar. Deur Ingrid se tydlose poësie – met oorspronklike nuwe toonsettings – en gedeeltes uit hul korrespondensie, ontvou die produksie soos ’n musikale en dramatiese reis deur hul passie, hartseer en verlange. Die stuk bied ’n unieke blik op Ingrid se soeke na liefde, haar stryd met depressie en haar onvermoë om te ontsnap uit die donkerte wat haar gevolg het, selfs te midde van haar roekelose hoop. Met musiek, woorde en spel word haar storie lewend gemaak: broos, eerlik en ongenaakbaar. Dit is ’n viering van Ingrid se stem en die nalatenskap van haar woorde wat steeds nuwe geslagte inspireer.

Rolverdeling:

Lizelle Pike as Ingrid Jonker

Chanie Jonker op Klavier

Kreatiewe Span:

Regie: Nadia Beukes

Mede-Regie: Tiaan Kirsten-Lubbe & Lian Sachse

Teks en Nuwe Toonsettings: Jak J. Brits

Musikale Regie en Klavier: Chanie Jonker

Stel- en Kosteumontwerp: Ashleigh Hilton

Ligte-ontwerp: Tiaan Kirsten-Lubbe

Verhoogbestuur: Rix Haji-Loucas


Bespreek nou

Die Centurion Teater (beperkte speelvak):
12 September 2025 om 19:30
13 September 2025 om 11:00 en 16:00
🎟️ https://qkt.io/INGRIDSeptCT25

Aardklop 2025 – feessdebuut:

7 Oktober 2025 om 19:30

8 Oktober 2025 og 13:30
Besoek www.aardklop.co.za vir datums, tye en kaartjies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *