Maak gereed vir die beste aand van 2025 …

FRANCOIS VAN COKE & VRIENDE 2025

Fotograaf: Gabriela Marais.

Die groot aftelling begin …

Suid-Afrika se grootste arena-rockvertoning, Francois van Coke & Vriende, is vir die 6de keer terug by SunBet Arena, Times Square (Pretoria) op Vrydag, 3 Oktober.

“Sedert die eerste show in 2018, het julle elke jaar opgedaag om hierdie massiewe arena rock show ‘n werklikheid te maak. Dit is iets spesiaal wat ons almal saam geskep het. Vir ons en ons vriende. Dankie vir dit! Is julle reg vir die beste aand van 2025?” Francois van Coke

Fotograaf: Gabriela Marais.

Hierdie konsert is ‘n massiewe hoogtepunt vir Francois, sy vriende en hul aanhangers. Wat hierdie konsert so spesiaal, en die grootste aand in SA Rock maak, is dat Francois saam met al die kunstenaars en groepe op die program musiek geskryf en vrygestel het.

Hunter Kennedy beskryf die aand as: “Dis net ‘n lekker jol. Dis soos om ‘n mullet voor en agter te hê – party in the front! Party in the back!”

Geen wonder Francois van Coke & Vriende verkoop elke jaar uit nie …

Nuwe en ‘ou’ Vriende vir 2025:

Karen Zoid & Francois van Coke by verlede jaar se Francois van Coke & Vriende.

Fotograaf: AJ Howard.

Nuwe jaar, nuwe energie en Francois en sy Vriende beloof om hul vuur tot nuwe vlakke te lig!

Francois is ‘n groot fan van Booshle G – die enigste kunstenaar op die program waarmee Francois nog nie saamgewerk het nie. En ons is jammer om hierdie verrassing te bederf, maar die ander nuweling op die program, Ryno Velvet, en Francois gaan saam “Aande” opvoer. Hierdie snit is tans die grootste treffer op Francois se nuwe album, Die Ruimte.

Die Prins van Pretoria, Zaan Sonnekus, en Van Pletzen maak ‘n welkome terugkeer na hierdie wêreldklas-produksie. Francois se snit saam met Van Pletzen, “Kakmal”, is epies om live te sien en “die naaste ding wat ons al ooit aan ‘n ‘Bohemian Rhapsody’ gemaak het,” volgens Peach van Pletzen.

Hunter Kennedy beplan om ‘n splinternuwe Engelse lied op dié aand te sing. By hierdie konsert is elke vertoning ‘n hoogtepunt.

Oor Francois se Vriende:

Francois & Danie du Toit (Spoegwolf) Fotograaf: AJ Howard

Spoegwolf: Elke jaar klim al die kunstenaars op die verhoog vir die “Dagdrome in suburbia”-finale. Dis heeltemal te spesiaal om te mis.

Karen Zoid: Een van die mees ikoniese parings in die Afrikaanse musiekgeskiedenis maak hierdie ‘n onvergeetlike aand.

Jack Parow: “Francois en Vriende is een van my favourite shows van die jaar. Nie net omdat dit so groot jol is nie, maar dis soos ‘n family reunion. Ons is almal so baie op die pad en op verskillende plekke en sien mekaar eintlik baie min, maar daai aand is ons almal saam, een venue, een hotel, een energie en een lekker tyd!” vertel Parow.

Fokofpolisiekar: “Ons word geforseer om deel te wees van hierdie aand omdat Francois ons voorsanger is!”

Die Heuwels Fantasties: “Frannie en vriende is by verre die lekkerste arena show waarvan ons al ooit deel was. All killer no filler! As jy nog nie een bygewoon het nie moenie uitmis nie!” sê Pierre Greeff, voorsanger van dié groep.

Booshle G: Francois sê: “Ek het bewus geraak van Booshle G deur sy massive song, ‘Take Me Home’, wat die offisiële lied was van die Betway SA20 Premier T20 Cricket League. Ek het gedink hy sal ‘n cool fit op die line-up wees en dat my fans van sy vibe sal hou. Ek wil definitief iets in die toekoms saam met hom opneem!”

Zaan Sonnekus: “Ek sien altyd die meeste uit om ‘n verhoog met die cool cats van die industrie te kan deel,” vertel Zaan.

Van Pletzen: Ons kry nie altyd die geleentheid om ons epiese 6-minuut anthem “Kakmal” saam te doen nie, so dis altyd iets baie spesiaal vir die gehoor om te sien en vir ons om te doen,” sê Peach van Pletzen.

Tasché sê: “Met elke jaar van Frannie en vriende dink ek ‘nee, dit kan nie beter as dit raak nie’ en dan met die volgende jaar oortref Francois en die span almal se verwagtinge! Dis ‘n show waaroor jy sal spyt wees as jy dit nie bygewoon het nie!”

Ryno Velvet: “Ek is baie opgewonde om vir Ryno by FVC & Vriende te hê en ek kan nie wag om te hoor hoe dit klink as 10 000 mense saam ‘Aande’ sing nie!” sê Francois.

Hunter Kennedy vertel: “Frannie en vriende is die hoogtepunt van my jaar! Dis altyd ‘n fees. Dit voel soos ‘ons s’n’. My mense. Frannie se vriende is inadvertently amper my vriende. Dis ‘n smooth ride vir die performers.”

As hierdie show só lekker is vir Francois en sy Vriende, dink net hoe lekker hierdie aand vir jou sal wees. Moet dit nie mis nie!

Jack Parow & Francois van Coke by Francois van Coke & Vriende 2024.

Fotograaf: Wayde Flowerday.

KAARTJIES:

Kry jou kaartjies: https://bit.ly/FvCenVriende2025

Datum: Vrydag, 3 Oktober

Plek: SunBet Arena, Time Square, Pretoria

Tyd: 8pm

Tickets: https://bit.ly/FvCenVriende2025

Moontlik gemaak deur AMP Events, in vennootskap met with Castle lite, Chery, Jacaranda FM 94.2 and Lift.

NUWE geanimeerde musiekvideo vir “DSK” is Vrydag hier!

“DSK” is die afgekorting vir ‘Dominee se kind’ en een van Francois se gunsteling snitte op sy nuwe album, Die Ruimte.

Derdejaar Multimedia-ontwerpstudiesstudente van die Stellenbosch Academy of Design & Photography het geanimeerde musiekvideo’s vir hierdie snit gemaak vir ‘n klasprojek. Francois het die klas persoonlik gaan toespreek en ook hul videos bepunt.

Francois het die top 3 video’s op sosiale media gedeel en aanhangers gevra om vir hul gunsteling te stem. Francois en sy aanhangers het saamgestem en Illandré Viljoen as die wenner gekies.

“Ek was dadelik ’n fan van Ilandré se werk vandat ek die eerste keer haar animasie vir die video gesien het. Ek was dadelik mal oor die storielyn, die kleure wat sy gebruik het en die fight sequence. Haar gevoel vir die musiek is ook fantasties,” vertel Francois.

Die offisiële geanimeerde musiekvideo vir “DSK” word Vrydag, 23 Mei op YouTube vrygestel.

SKAKEL na “DSK” op YouTube: https://bit.ly/DSKanimation

SKAKELS:

Webwerf: francoisvancoke.co.za / Instagram: francoisvancoke

TikTok: @francoisvancoke / Twitter: @FrancoisVanCoke / Facebook: francois.vancoke /

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *